Swartland Spuitpompe (Pty) Ltd

Share Share Share Share Share Share
COMPANY DESCRIPTION: 

Swartland-Spuitpompe in Franschhoek is in 1991 deur Sarel Swart van stapel gestuur. Hy het die groot stap geneem om sy eie maatskappy te begin na hy by Ernie’s Trekkers en Implimente gewerk het waar die hooffokus die herstel en verkoop van spuitpompe was.

Die maatskappy het begin om sy eie RS Series-spuitpompe te vervaardig en het parte en spuitpompe begin invoer deur Teyme en Solteka in Spanje. Die gaping wat Sarel in die mark raakgesien het, is om kwaliteitdienste en –masjiene aan produsente te lewer en sy hooffokus sedert is steeds om in kliënte se behoeftes te voorsien en gehaltediens te lewer. 

PRODUCTS & SERVICES

Swartland-Spuitpompe vervaardig en versprei ‘n reeks hoë gehalte waaier-spuitpompe vir die gebruik van vrugte-,neut-,sitrus- en wingerdboorde sowel as in aanplantings met hoë digtheid soos wingerde.Al die parte kom van Spanje en word vir die vervaardiging van die spuitompe gebruik. Al die spuitpompe is vir swaar diens gebou en maklik om te diens. Die spuitpomp is van hoë gehalte en is vervaardig vir Suid Afrikaanse omstandighede.  Die spuitpompe is beskikbaar in 250, 500, 1 000, 1 500, 2 000, 3 000 en 4 000 liter modelle.

MAP: