Skip to main content
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deur Gevorderde Tegnologie En Gemeenskapsontwikkeling - Deel 4

Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deel IV

Inleiding

Die  vorige drie artikels in die reeks was hoofsaaklik ʼn inleiding oor die belangrikheid van tegnologie vir videomonitering op plase, asook vir padkameras vir onder andere sekuriteit en veediefstal.

Hierdie artikel gaan meer oor die gebruik van tegnologie vir die effektiewe bestuur van ʼn boer se plaas. Tegnologie is so ver gevorderd dat dit feitlik in alle fasette van ʼn plaas gebruik kan word.

 

 

Die tegnologie vir effektiewe plaasbestuur

Vooruitgang op die gebied van wetenskap en tegnologie is die sleutel tot doeltreffende en winsgewende boerdery.

Die korrekte en effektiewe aanwending van tegnologie op verskeie vlakke sal ʼn baie groot impak op plaasbestuur kan maak soos met sekuriteit en diefstalvoorkoming; asook die algemene bestuur en beheer van ʼn plaas.

 

 

’n Paar Voorbeelde Is:

 

Waterbestuur

Water is natuurlik een van die skaarste lewensbronne in Suid-Afrika. Die monitering en beheer van waterstelsels is dus uiters belangrik.

Dit sluit in spilpuntbeheer en waterpomp-outomatisering en -monitering; pyplyndrukmonitering en -bestuur om seker te maak pyplyne word volgens spesifikasies gebruik om pypbarste en -lekke op te spoor en te voorkom; die meting van watergebruik op die verskeie punte op die plaas; asook klepmonitering en -outomatisering vir pompspoed om waterdruk en vloei te beheer. Dit kan gekombineer word met vogmonitering op lande.

 

Energiebestuur

Energie kan een van die grootste uitgawes op ʼn plaas wees, veral waar groot enjins vir pompe gebruik word by plaasverwerkingsaanlegte en meulens. Energiemeters kan geïnstalleer word waar Eskomkrag die plaas binnekom om rekenings te verifieer.

Groot energiekoste kan bespaar word deur ʼn diepgaande energie-oudit deur spesialiste te laat doen. Dit kan beslis verskeie besparingsopsies oplewer. Met SDE se ondervinding op plase landwyd, word ondervind dat hierdie aspek bitter min aandag geniet.

 

Sonenergie

Goed ontwerpte sonenergiestelsels kan natuurlik ʼn baie groot bydrae lewer tot energiebesparing en ʼn belangrike deel uitmaak van jou energiebestuursplan.

Weereens is dit duidelik dat geen ontwerpe wat uit die duim gesuig word tot die beste oplossings sal lei nie. ’n Sonkragstelsel moet van die begin af korrek ontwikkel word met betroubare toerusting en ʼn betroubare diensverskaffer.

Bestuur van land en weiding

Tegnologie het baie gevorder om verskeie grondparameters dadelik te meet en aan die bestuur te rapporteer; wat hulle weer in staat sal stel om onmiddellik te weet wat die grondtoestand is. Dit is nie net vir aangeplante lande nie, maar ook die weiding in die veld.

Hier kan weerstasies ook ʼn groot bydrae maak om ʼn holistiese oorsig te kry.

 

Bestuur van vee

Daar is ʼn wye verskeidenheid moniteringstelsels wat baie effektief vir die bestuur van vee gebruik kan word. Dit sluit in aspekte soos beweging/aktiwiteit, koors en weegstelsels..

Verskillende videostelseltegnologieë kan ontplooi word om krale en weidingsareas vir byvoorbeeld indringers te monitor, of afgedwaalde vee dag en nag dop te hou.

 

Bestuur van brandstof

Brandstofdiefstal raak ook ʼn al hoe groter probleem. Tegnologie kan suksesvol gebruik word vir brandstofmonitering en daardeur effektiewe beheer toe te pas.

 

Plaaswerf en stoorareas.

Baie diefstal word onder die neus van die boer in en om die erf en stoorplekke gepleeg. Saad, kunsmis, gereedskap, trekker en ander diefstal kan doeltreffend beperk word deur die ontplooiing van verskeie tegnologieë.

 

Bestuur van werkers

Plaaswerkers kan ongelukkig ook ʼn groot probleem skep en tot verliese lei indien dit nie reg beheer word nie. Weereens kan tegnologie gebruik word deur werkers se aktiwiteite dop te hou en toegang en werksure te beheer.

 

 

Bestuursplatform

Bogenoemde is net ʼn paar voorbeelde waar tegnologie uiters suksesvol aangewend kan word. Dit kan egter baie wyer toegepas word deur ʼn holistiese benadering te volg.

Monitering vir die bestuurspan beteken niks indien die data en inligting nie op die punte van die boer se vingers beskikbaar is nie. Dataversameling, ontleding en verwerking is van uiterste belang. Hiervoor is verskeie opsies beskikbaar.

Al die inligting kan op die boer se rekenaar versamel word, óf deesdae op die internetwolk vanwaar die plaas gemonitor en bestuur kan word vanaf enige plek in die wêreld met die boer se slimfoon, tablet of skootrekenaar.

Alarms en dringende inligting kan ook direk na die boer se selfoon gestuur word.

 

 

SDE is ʼn maatskappy wat gebruik maak van uiters professionele personeel met baie jare se ondervinding. SDE kan op enige stadium gekontak word vir meer inligting.

 

System Design Experts (Edms) Beperk

Dirk Laing

012 6634331

072 668 0800

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deur Gevorderde Tegnologie En Gemeenskapsontwikkeling - Deel 4