Skip to main content
Sê Nee Vir Welsynstaatversoeking Van Sonpaneel Rabat

Sê Nee Vir Welsynstaatversoeking Van Sonpaneel Rabat

Geagte KragDag vriend

Tydens die 2023 begrotingsrede het Suid-Afrika se minister van finansies sekere “belastinginisiatiewe” vir energieopwekking aangekondig. Een hiervan was ‘n 25% rabat op die installering van nuwe sonpanele deur 'n individu (beperk tot ‘n maksimum van R15 000).

Daar was gemengde reaksie hierop, maar meeste van die negatiewe kommentaar het gehandel met die amper onbenulligheid van die waarde daarvan, aangesien dit moontlik maar net 5% van die koste van ‘n volledige stelsel van ‘n huis kan uitmaak. Met R15 000 sou jy self net sowat 2kW se sonpanele kon koop. Vir ‘n huishoudelike installasie, waarvan ‘n gewilde grootte ‘n 5kW stelsel is, sal ‘n persoon, na die moeite om deur die staatburokrasie rompslomp frustrasie te werk, maar sowat R5 600 beter af wees.

Veel belangriker is egter dat jy met deelname aan hierdie skema, jouself effektief sou voeg by die geledere van die amper 50% van die bevolking van Suid-Afrika wat welsyntoelaes ontvang. Dit is egter nie net ‘n geval dat jou trots jou hiervan behoort te weerhou nie, maar subsidies is altyd ‘n slegte idee – dit verwring die uitkoms van markkragte, werk mee aan die geleenthede vir korrupsie en parasiteer op die vrugte van ander mense se sweet.

Om staartsbestand te word is dit nodig om ook staatsonafhanklik te word.

Van staatsbestandheid gepraat wil ons graag ook jou aandag plaas op die spliternuwe loodsing van die Pretoria Sakekamer (video-uitnodiging) op 16 Maart 2023 by Doxa Deo Brooklyn vir alle entrepreneurs en besighede in die Pretoria omgewing. Sprekers is Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, Dawie Klopper, beleggingsekonoom van PSG Konsult Pretoria-Oos en Neerejh Ramlakhan, stigter en uitvoerende hoof van die AOS Groep. Koop jou kaartjies HIER.

Maak elke dag 'n KragDag! Doen jou eie ding!

*****

GRATIS weggee:

Staan 'n kans om een van twee kaartjies vir die Verstaan, Beplan en Installeer jou eie Sonkragstelsel Kursus op 6 Mei 2023 te wen deur HIER te klik.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Sê Nee Vir Welsynstaatversoeking Van Sonpaneel Rabat | KragDag