Skip to main content

Sien Jou Vrydag En Saterdag by Sakeliga KragDag Wes-Kaap

In die onlangse reaksie van die Cape Chamber of Commerce verklaar hulle dat Ramaphosa se Noodtoestand ‘n selfskepping van die regering is en dat Ramaphosa beter sou gedoen het om nie ‘n “State of Disaster” te verklaar nie, maar ‘n “State of Disgrace”. Die energie toestand is 'n Rampdebakel – nie ‘n Noodtoestand nie.

Dit is duidelik dat die land gefrustreerd begin raak om ‘n blaamverskuiwende leuenaarpresident te hê van wie feitlik elke optrede die inwoners leed en skade aandoen.

Eskom se probleme is onomkeerbaar en mense is keelvol om deur dié kragmonopolie gyselaar gehou te word. Daar is vir elkeen van ons oorgenoeg redes om van Eskom ontslae te raak, maar vir baie lyk die kapitaalbedrag  om energievryheid te smaak (of altans Eskom-vry te word), steeds buite bereik. Dink weer! Die terugbetalings op kapitaalfinansiering wat in alternatiewe krag belê word, raak by die dag meer bekostigbaar. Inteendeel, dit is heeltemaal moontlik om bloot dieselfde bedrag wat jy aan die munisipaliteit vir krag sou betaal aan die finansiering van jou nuwe kragsisteem te bestee.

Danksy beurtkrag en munisipale verval is waterprobleme aan die toeneem en die kans dat onluste weer kan opvlam, neem by die dag toe. Om in staatsbestandheid, oftewel selfstandigheid te belê is nie meer 'n luukse nie, maar 'n noodsaaklikheid.  

Elkeen wat vanjaar in selfstandigheid belê, ongeag die grootte van die tree wat hy gee, sê saam met ons: "Kom ons bou 'n kragstasie

KragDag, Sakeliga en Solidariteit het reeds besluit om onder hierdie slagspreuk afsonderlike, maar komplimentêre aksies te loods om huishoudings en besighede te help om van Eskom-afhanklikheid te ontsnap. 

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, die hoofborg van KragDag, het genoem dat Sakeliga KragDag reeds ʼn kragstasie is met ʼn besondere (en onderbroke) energie. Energie om anders te dink oor selfstandigheid. Hy voer aan dat staatsbestande ondernemings staatsbestande sakegemeenskappe met veerkragtigheid toerus om ondanks staatsverval voorspoedige gemeenskappe op te rig en in stand te hou.

Na verskeie versoeke vanuit die Kaap het die KragDag-span besluit om die KragDag-ekspo ook vanjaar na die Kaap te neem. 

KragDag is die plek waar entrepreneurskap en tegnologie saamgevoeg word tot die grootste versameling van selfstandigheidsoplossings op elke denkbare terrein. 

Die KragDag-ekspo, bied ʼn leersame dag met ʼn karnavalatmosfeer. Hier is jy egter nie 'n blote vermaaklikheidstoeskouer nie, maar ʼn deelnemer in interaksie met dinge wat ʼn verskil in jou lewe kan maak.

Kom skakel met mense wat in selfstandigheid belangstel en kry raad by die kundiges wat by die ekspo uitstal, vir jou eie selfstandigheidsplanne.

KragDag 2023 bied iets vir elke lid van die gesin. Met 100 uitstallers, praktiese demonstrasies, ʼn biertuin, helikopterritte, ʼn pretpark, kuns en kou mark, heerlike kos, landbou uitstallings en selfs ʼn biogas-aanleg waar jy kan sien hoe die aanleg werk. Kom kry 'n koppie boeretroos wat op ʼn biogasstofie berei is. 

Waar vind Sakeliga KragDag Wes-Kaap plaas?
Die eerste Sakeliga KragDag Wes-Kaap vind op die Môreson Plaas, ongeveer 11km buite Malmesbury plaas. 
 
Wat beloop die kostes?
KragDag Wes-Kaap se hekfooie is R100 per volwassene, maar as jy vooraf jou kaartjie aanlyn koop kan jy die kaartjie bekom teen slegs R50. Toegang vir kinders tot 18 jaar is gratis. Die kaartjie gee jou toegang vir een of beide dae om die ekspo by te woon.

Vooraf kaartjieverkope sluit op 16 Februarie 2023.

Koop jou kaartjie HIER!

Maak elke dag 'n KragDag! Doen jou eie ding!

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Sakeliga KragDag