Myburgh Toerusting Vir die Boer, van die Boer
Ek boer vanaf 2004 saam met my pa net buite Ermelo, Mpumalanga. In die lig van minimum lone, en die al stygende diesel prys het ek besef dat daar ‘n behoefte is aan goedkoper maniere van werk.
Elke implement wat ons verkoop is gebou om te hou. Kwaliteit lê my na aan die hart. Elke implement het ‘n storie en gaan ‘n impak op jou boerdery maak. Ons is konstant besig om nuwe projekte aan te pak, en sal ons volgende produk binne kort bekendstel.
Bekostigbare meganisasie wat gebou word om te hou.
Die Padmaker is n ronde skaper om n ronde pad te bou.Benodig n 70Kw trekker. Die Kontoermaker kom op die trekker se hyserarms die lift. Benodig 78Kw. Die Paalslaner slaan 150mm stomp pale in die grond in met n 450kg hammer. Benodig n 70kw trekker.
Die Onkruidkapper breek alle houtagtige onkruid se stingels af en maak dat die gras die onkruid dood groei. Benodig n 55kw trekker. Die Forklift sit die optel vermoë van n forklift agter op die trekker.
Benodig n 60kw. n 60Kw trekker tel een ton op en n 90Kw trekker tel twee ton op. Besoek ons webtuiste vir meer van ons produkte. 6 Tol Hark op die trekker se 3-punt.
Jy spandeer duisende rande om hooi te maak vir jou diere, vir die afseisoen, maar jy gee jy nie vir hulle voldoende toegang daartoe nie want die hele baal word uit gesit.
Met die Baalafroller maak jy die voer los, elke dier het dus beter toegang tot die voer en jy het ‘n beter voeromset wat jou diere makliker deur die winter laat gaan.
Jy benodig slegs ‘n 60KW trekker met 2 hidroliese punte.
Ons gebruik ook die Baalafroller om slegte weidingskolle soos tambokiegras en slangbos uit te roei, deur vir die beeste die bale op die slegte kolle af te rol, sodoende trap hulle die indringerplante dood.
4m 5ton lemme, baie agressief en skeur die aarde oop om beter indringing van reënwater te kry.
Rol 4 rolle doringdraad gelyktydig af.
Maak draadspan baie makliker.
Op die Draadspanner is daar ‘n rat meganisme waarmee jy die drade stywer kan span.
Maak die hantering van massakratte baie makliker met Myburgh Toerusting se multi-kratvurk. Ons het ‘n hele reeks kratvurke vir individuele boere se behoeftes, nou kan jy met ‘n trekker jou groente-kratvurk in die land invat om die oes proses te vergemaklik
Ons het ‘n baie unieke roller gebou. Jy koop een raam en kan 3 verskillende rollers opsit.
Ons het krimping rollers, tefrollers en landrollers.
Die rollers word met ‘n vinnige koppelstuk meganisme aan die raam gekoppel, jy kan dus baie vinnig jou rollers verander as jy ander applikasies wil gebruik.
0
http://www.mtoer.co.za/trekker-forklifts/
Die enigste trekker implement waarmee jy ‘n 2.5 katoenbaal kan laai.
Die Forklift het spesiale aangepaste tande wat sterk genoeg is om ‘n katoenbaal op te tel met ‘n 100KW trekker.
http://www.mtoer.co.za/onkruidkappers/
http://www.mtoer.co.za/paalslaners/
http://www.mtoer.co.za/padmakers/
Myburgh Toerusting het ‘n rolmoer op die trekker se forklift, klein lig maar moer effektief.
Die rolmoer werk met lemspoed en nie met gewig nie. Daar is bladvere op die rame ingebou om jou trekker se lift teen vibrasies te beskerm.
Jy benodig ‘n 50KW trekker vir ‘n 6m rolmoer.
http://www.mtoer.co.za/rubberrollers/
http://www.mtoer.co.za/skaap-hantering/
http://www.mtoer.co.za/tafel-rollers/
http://www.mtoer.co.za/tafeloptellers/
http://www.mtoer.co.za/tafelrolmoere/
http://www.mtoer.co.za/vlieevangers/