Skip to main content
Dié Kalk Bied Hoër Reaktiwiteit En Reaksietempo

Dié Kalk Bied Hoër Reaktiwiteit En Reaksietempo

Ultrafyn kalk bied gemak van toediening, maar lewer ook uitstaande prestasie. Aanwending van ultrafyn kalk in suspensie gee die beheer wat nodig is vir eenvormige toediening sonder die stof.

Prestasie is ook beter as gevolg van partikelgroottes van tussen 5 mikron en 15 mikron.

 

 Hierdie verbeterde tegnologie bring beter reaktiwiteit en reaksietempo mee, met die ultrafyn partikels wat tussen die groter gronddeeltjies kan inbeweeg. Die deeltjies kan so diep as 15 cm in

die grond beweeg waar die pH- en kalsium/magnesium-verhoudings verbeter word, met verbeterde mikrobiese aktiwiteit en voedingstofbeskikbaarheid.

 

Wanneer om toe te dien

Kalk word hoofsaaklik vir grondregstelling toegedien – plante floreer op reggestelde grond. As gevolg van die verhoogde reaktiwiteit van ultrafyn kalk kan dit enige tyd voor plant en selfs

na plant toegedien word. Ultrafyn kalk kan selfs deur middel van besproeiingstelsels toegedien word, met kleiner applikasies wat nou gedurende die groeiseisoen toegedien kan word indien

nodig.

 

Hoe lank neem dit vir ultrafyn kalk om te werk?

Reaktiwiteit hang van die tipe kalk af:

Verskillende kalkbronne se kalsiumkarbonaatekwivalent (KKE) en/of magnesiuminhoud verskil.

Die fynheid van die kalk sal ook die reaktiwiteit beïn vloed. Hoe fyner en hoër die KKE van die kalkbron is, hoe vinniger en meer effektief die reaksie in die grond.

World Focus Agri se ultrafyn kalk en gips is so fyn dat dit in suspensie toegedien moet word. Omdat water nodig is vir kalk om in grond te reageer, begin die reaksie onmiddellik nadat dit op die grond toegedien is.

 

Hoe dikwels is bekalking nodig?

’n Grond met lae katioonuitruilkapasiteit (KUK) reageer op relatief min kalk – met ultrafyn kalk kan kleiner hoeveelhede meer gereeld toegedien word. Grond met ’n hoë KUK benodig groter hoeveelhede kalk en dit kan verskeie jare neem voordat bekalking weer benodig word. Kleiner hoeveelhede kan meer gereeld toegedien word.

In die algemeen kan ultrafyn kalk/gips as deel van die jaarlikse bemestingsprogram toegedien word. By rygewasse kan dit ook in die kunsmisband toegedien word vir neutralisering van redusering wat ontstaan deur die oksidasie van gereduseerde N-kunsmis wat toegedien is.

Die voordele van ultrafyn kalk/gips sluit in:

  • gemak van toediening;
  • hoër reaktiwiteit;
  • vertikale beweging in grond; en
  • minder vervoerkoste.

 

World Focus se agriprodukte is Complex Calsus, Complex Calsul en CCM.At van Schalkwyk, World Focus Agri

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Dié Kalk Bied Hoër Reaktiwiteit En Reaksietempo | agrifoodsa | World Focus Agri | boere | farmers | kalk