Skip to main content

Biologiese Biostimulante Het ‘Reuse-Impak’, Sê Omnia-Navorser

Carien Grobler, bemarkingsbestuurder van Omnia, het met dr. Margaretha Brand gesels oor die impak van navorsing en spesifiek die toediening van biostimulante om volhoubare boerdery te verseker.

 

Volhoubare boerdery vereis ’n balans tussen alle produksiekomponente, onder meer chemiese en biologiese insette, asook ekstensiewe kennis van grondgesondheid.

 

Só sê dr. Margaretha Brand, hoof van navorsing en ontwikkeling van OmniBio® by Omnia Nutrilogie®.

 

Brand vertel dat die OmniBio®-span reeds meer as ’n dekade lank intensiewe navorsing doen om die biologiese aspek van grondgesondheid behoorlik te verstaan. “Dit is ons prioriteit om met gefokusde navorsing die kwessies aan te pak wat ons produsente op die plaas ondervind.

 

“Die samewerking van ons landboukundiges en verkoopsagente wat daagliks op die plaas is, met ons wetenskaplikes in die laboratorium, maak dit vir ons moontlik om op spesifieke kwessies in die veld te reageer.”

 

Volgens Brand kan biostimulante die prestasie van tradisionele landbou-insette drasties verhoog.

Met spesifieke verwysing na Omnia se biologiese biostimulant Bacstim100®, sê sy: “Die mikrobes in die produk is ’n omgewingsvriendelike inset wat ’n groot invloed op opbrengste, doeltreffende water- en voedingstofverbruik, asook grondgesondheid kan hê.

 

“Biologiese biostimulante is reeds dekades lank beskikbaar, maar betroubare en herhaalbare resultate het dikwels ontbreek. Omnia het egter besluit om die nodige navorsing en toetsing te doen voordat ons ’n produk aan die mark bekend stel. Hierdie produk, waarvan ’n reeks nou ontwikkel word, het reeds ’n reuse-impak.

 

“Ons neem ook verskeie voordele waar wat ons nie aanvanklik verwag het nie. Ek kan egter nie nou al die aap uit die mou laat hieroor nie. Getrou aan Omnia se benadering sal ons dit eers navors en wetenskaplik bewys voordat ons enige aansprake maak. Die vooruitsig om met Bacstim100® selfs meer waarde toe te voeg vir ons kliënte, is egter Biologiese biostimulante het ‘reuse-impak’, sê Omnia-navorser baie opwindend!”

 

Sy benadruk dat groter opbrengste op ’n kleiner oppervlakte en suksesvolle boerdery in toenemend onvoorspelbare landboutoestande in ’n groot mate op volgehoue navorsing oor produksiemetodes en insette berus. “Produkte en praktyke wat groter doeltreffendheid op ons beskikbare landbougrond moontlik maak, sal die toekoms van die landbou in Suid-Afrika verseker.

 

“Die skrikwekkende spoed waarteen bewerkbare grond verlore gaan, dwing ons om te dink oor wat ons vir ons nageslag agterlaat, ” sê Brand. “Sowat 10 miljoen hektaar landbougrond gaan jaarliks wêreldwyd weens erosie verlore. Vergeleke met die feit dat dit 200 tot 400 jaar duur om een sentimeter grond te vorm, moet ons nou alles in ons vermoë doen om die gesondheid van ons grond te optimaliseer.”

 

Brand verduidelik dat Omnia se besigheidsmodel gegrond is op ’n “voete op die plaas”-benadering. “Die persoonlike verhoudings met ons kliënte is vir ons van die uiterste belang. Ons landboukundiges is aktief betrokke op die plaas van voor plant tot ná die oes, wanneer ons saam met ons kliënte die volgende seisoen beplan.”

 

Hierdie spesialiste in die veld se noue kontak en samewerking met die OmniBio®-span skep ’n waardeketting waardeur Omnia die jongste navorsing en tegnologiese vooruitgang aan kliënte kan verskaf, sê sy. “Ons weet hoe groot die impak van grondgesondheid op risikobestuur is. Daarom belowe ons om ons voete stewig op die plaas te hou, terwyl ons onverpoosd na beter en meer volhoubare landbou-oplossings soek.”

 

Kontak Brand op 064 860 3000 of margaretha.brand@omnia.co.za vir tegniese navrae.

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Brand vertel dat die OmniBio®-span reeds meer as ’n dekade lank intensiewe navorsing doen om die biologiese aspek van grondgesondheid behoorlik te verstaan