Skip to main content

Touchdown Forte Hi Tech-Nie Net Enige Glifosaat Nie

Touchdown Forte Hi Tech – Nie net enige glifosaat nie

 

Francois van Deventer – Technical Lead Herbicides & Fungicides Syngenta SA

Sedert eerste registrasie in 1974 in die VSA, het glifosaat die mees gebruikte sintetiese onkruiddoder wêreldwyd geword.  Dit is tot `n groot mate gedryf deur die ontwikkeling van glifosaat verdraagsame gewasse.    In Suid-Afrika alleen is daar meer as 65 handelsname van produkte wat glifosaat as aktiewe bestandeel bevat.  Maar is alle glifosaat produkte dieselfde?  Speel formulasie nie miskien `n groter rol in die produk as wat meeste mense besef nie?  

 

Eerstens speel die tipe sout formulasie `n groot rol.  Aangesien die glifosaat molekule `n swak suur is, word dit altyd geformuleer as een of ander hoogs oplosbare monovalente sout (ammonium, dimetielamien, isopropielamien, kalium- of `n natrium sout) om die formulasie te stabiliseer.  Die tipe soutformulasie dra ook by hoe effektief die aktiewe bestandeel geabsorbeer word en in die blare penetreer.  Die graad van aktiwiteit werking van glifosaat word bepaal deur hoe effektief absorbsie van glifosaat deur die teiken plant is. Absorpsie is nie deur die bank dieselfde vir alle onkruid spesies nie a.g.v. fisiologiese verskille.

 

TOUCHDOWN FORTE® HI TECH is `n kaliumsout glifosaat formulasie van SYNGENTA®.  Aangesien `n kaliumsout formulasie die hoogste water oplosbaarheid van al die algemeenste glifosaat sout formulasies het, maak dit `n hoë glifosaat suur konsentrasie (500g/L) vloeistof formulasie moontlik.  Ook is die kaliumsout formulasie hoogs higroskopies, wat beteken dit neem voortdurend vog uit die omgewing op, om sodoende langdurige opname deur die plant te verseker asook verbeterde translokasie.  Die verhoogde higroskopie kan dus direk gekoppel word aan `n verhoogde intrinsieke aktiwiteit in onkruide.

 

Maar die tipe sout formulasie is nie die enigste eienskap wat bydrae tot verbeterde opname in teiken plante nie.  Onkruid spesies het verskillende blaar oppervlak waslaag strukture.  In sommige plante is die waslaag baie hidrofobies en stoot dit hoogs water oplosbare glifosaat molekules af.  Die probleem kan oorkom word deur van benatters gebruik te maak.  En dit is wat TOUCHDOWN FORTE® HI TECH uitsonderlik maak aangesien dit reeds `n dubbel aksie benatter ingebou het in die formulasie.  Die ingeboude, bioafbreekbare benatters in TOUCHDOWN FORTE® HI TECH kombineer die beste eienskappe van nie-ioniese (wat hoofsaaklik op die blaaroppervlak werk) en kationiese (wat in die kutikula inbeweeg en die epidermis selle penetreer) benatters deurdat dit glifosaat opname aan help sonder om die epidermis selle te beskadig.  Hierdie eienskap dra by tot die effektiwiteit van TOUCHDOWN FORTE® HI TECH aangesien epidermis selle nie beskadig word nie en dus word opname en translokasie nie belemmer nie (meeste kationiese benatters op hul eie beskadig gewoonlik epidermis selle, wat opname negatief kan beinvloed). Aangesien glifosaat `n sistemies metode van werking het, word die beste resultate met TOUCHDOWN FORTE® HI TECH behaal waar jonger, aktief groeiende onkruide wat nie onder stremming verkeer nie, gespuit word teen die aanbevolle dosis.   

 

Nog `n kenmerkende formulasie eienskap van TOUCHDOWN FORTE® HI TECH wat gebruik vergemaklik, is die verminderde skuim vorming tydens meng.   Die produk het ook `n lae viskositeit, wat dit maklik maak om te pomp of uit te gooi. 

 

 Soos met alle glifosaat produkte, word TOUCHDOWN FORTE® HI TECH vinnig gedeaktiveer wanneer dit in aanraking met grond partikels kom - dus moet skoon water altyd gebruik word.  Daarom kan oormatige stof tydens toediening (hetsy op die plante of agter die spuit) die produk se effektiwiteit nadelig beinvloed.   Waar harde water gbruik word of die kwaliteit onbekend is, word dit aanbeveel om die water eers met 0.5 - 2% v/v ammoniumsulfaat te behandel voor TOUCHDOWN FORTE® HI TECH ingemeng word.  TOUCHDOWN FORTE® HI TECH is verenigbaar met CALLISTO®, DUAL® GOLD, METAGAN® GOLD, SORGOMIL® GOLD & LUMAX®, wat die produsent residuele beheer opsies gee van onkruide wat later mag ontkiem.  TOUCHDOWN FORTE® HI TECH is veilig vir gebruik op glifosaat tolerante gewasse.  Verwys altyd na die respektiewe produk etikette vir korrekte gebruiks aanwysings en beperkinge.  

 

READ THE PRODUCT LABEL FOR FULL DETAILS.

TOUCHDOWN FORTE® HI TECH contains Glyphosate (Reg. no. L7305, Act 36 of 1947) CAUTION.

CALLISTO® contains mesotrione (Reg. no. L6795, Act 36 of 1947) CAUTION.

DUAL® GOLD contains S-metolachlor (Reg. no. L5749, Act 36 of 1947) HARMFULL.

METAGAN® GOLD contains S-metolachlor (Reg. no. L5748, Act 36 of 1947) HARMFULL.

SORGOMIL® GOLD contains terbuthylazine (Reg. no. L6221, Act 36 of 1947) CAUTION.

LUMAX® contains mesotrione, S-metolachlor & terbuthylazine (Reg. no. L7483, Act 36 of 1947) HARMFULL.

TOUCHDOWN FORTE® HI TECH, CALLISTO®, DUAL® GOLD, METAGAN® GOLD, SORGOMIL® GOLD & LUMAX® are registered trademarks of a Syngenta Group Company.  Syngenta South Africa (Pty) Limited, Private Bag X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000.

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
TOUCHDOWN FORTE® HI TECH is `n kaliumsout glifosaat formulasie van SYNGENTA®.