Skip to main content

Die Beste Genetiese Potensiaal Op Die Mark

Corné van der Westhuizen, Landboukundige, Noordwes, Pannar Saad.

Pannar se sonneblombasters het onbetwisbaar die beste genetiese potensiaal en opbrengswaarskynlikheid op die Suid-Afrikaanse mark. Die diverse pakket sluit konvensionele en puik Pannar® basters met die Clearfield® Plus-eienskap in.

Die sonneblompakket kan soos volg opgesom word:

  • Dit is bewese leiers in stabiliteit en opbrengspotensiaal
  • Dit handhaaf ʼn puik rekord van prestasie in LNR Nasionale Proewe: die afgelope seisoen lewer dit ses van die top tien sonneblombasters
  • Dit beskik oor ʼn volledige pakket basters in konvensionele of Clearfield® Plus, enkelkruis- of drierigtingkruisbasters met medium of medium-Laat groeiseisoen lengtes
  • Die basters met die Clearfield® Plus eienskap kompeteer kop aan kop en selfs beter as die konvensionele staatmakers
  • Basters met die Clearfield® Plus eienskap bied ʼn alternatiewe keuse in onkruidbeheer en gewaswisselbou
  • Daar is ʼn basterpakket vir elke produksiestreek
  • Dit gee vir jou uitstekende risikobestuur sodat jy jou besigheid kan laat groei

Opsomming van die LNR 2019/2020 Nasionale Proewe:

Met ses basters in die top tien kry jy gemoedsrus dat jy van die voorste genetika wat op die mark beskikbaar is, plant. Die goeie prestasie word onderskryf deur die buitengewoon hoë persentasie wat die basters beter as gemid (% Beter as Gem, >100%) presteer het in die 21 evaluasie proewe.

Tabel 1: LNR Nasionale Proewe vir 2019/2020

 

Leiers in stabiliteit (LNR 2019/2020 Nasionale Proewe):

In tabel 2 word die opbrengswaarskynlikheid as ‘n persentasie by verkillende opbrengspotensiaal aangedui. Die groen blokkies dui sonneblom basters aan met ‘n bo-gemiddelde opbrengswaarskynlikheid by die spesifieke opbrengspotensiaalvlak.

Tabel 2: Opbrengswaarskynlikheid by verskillende opbrengspotensiaalvlakke

 

Sonneblombaster aanbevelings:

ʼn Basterpakket word as strategie aanbeveel om die risiko van moontlike siekte- en droogtestremming beter te bestuur. Dit is ook wenslik om die aanplantings oor ʼn tydperk te versprei. Dit is een van die belangrike boustene vir goeie risikobestuur.

Kies bewese presteerders gebaseer op meerjarige data van veelvuldige proewe oor ʼn groot homogene gebied om variasie uit te skakel en prestasievoorspelling te verbeter. Opbrengsprestasie, stabiliteit en risikoverskansing speel ʼn belangrike rol by die keuse en dit word gekomplementeer deur die basters se agronomiese eienskappe en siekterisiko-pakkette. Selekteer ʼn pakket van basters met ʼn verskillende groeiklasse om die risiko te versprei en faseer nuwe basters met verdrag in. Die vereistes vir 'n baster verskil van gebied tot gebied. In die kaart word drie breë-produksiegebiede aangedui en gebruik om basteraanbevelings te maak. In die westelike gebiede word onderskeid gemaak tussen die sandgronde en effens swaarder gronde.

Tabel 3: Sonneblombaster aanbevelings vir elke produsiestreek:

 

 

CLEARFIELD® PLUS Basters

Konvensionele Basters

Noordwes Vrystaat (Bogrond <10% Klei)

PAN 7160CLP

PAN 7080

PAN 7102CLP

PAN 7100

PAN 7156CLP

PAN 7170

PAN 7180CLP

 

Noordwes en Limpopo (Bogrond >10% Klei)

PAN 7160CLP

PAN 7100

PAN 7102CLP

PAN 7080

PAN 7156CLP

PAN 7170

PAN 7180CLP

 

Koeler Gematigde produksiegebiede

PAN 7102CLP

PAN 7170

PAN 7160CLP

PAN 7080

PAN 7156CLP

PAN 7100

PAN 7180CLP

 

 

Noordwes-Vrystaat (Bogrond <10% Klei):

In die ligte sandgronde van die Noordwes-Vrystaat en Noordwes maak die hoëpotensiaal basters PAN 7080 en PAN 7160CLP die kern van aanplantings uit en word hulle gekomplimenteer met PAN 7100, PAN 7170 as konvensioneel en PAN 7102CLP, PAN 7156CLP en PAN 7180CLP met Clearfield® Plus onkruiddoder toleransie.

Noordwes en Limpopo (Bogrond >10% Klei):

Vir die westelike en Limpopo produksiegebiede word die konvensionele baster PAN 7100 en die Clearfield® Plus baster PAN 7160CLP as hoofaanplanting aanbeveel. PAN 7080 en PAN 7170 as konvensioneel en PAN 7102CLP, PAN 7156CLP en PAN 7180CLP as Clearfield® Plus basters kan onderskeidelig in ʼn pakket saam met die leier basters gebruik word volgens die opbrengsbeplanning van elke land.

Koeler Gematigde produksiegebiede:

In die koeler gematigde oostelike produksiegebied word die twee Clearfield® Plus basters, PAN 7102CLP en PAN 7160CLP as kern van die pakket aanbeveel. Indien ʼn konvensionele baster aangeplant word, is PAN 7170 die aangewese keuse saam met PAN 7080 en PAN 7100 indien daar in tyd geplant word.

Vir pasmaat kultivaraanbevelings vir jou unieke behoeftes, skakel gerus jou naaste Pannar verteenwoordiger of landboukundige of besoek www.pannar.com. Alternatiewelik kontak vir Corné van der Westhuizen by corne.vanderwesthuizen@pannar.co.za of 082 570 8240.

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Pannar se sonneblombasters het onbetwisbaar die beste genetiese potensiaal en opbrengswaarskynlikheid op die Suid-Afrikaanse mark.