Skip to main content
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland

Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deel III

Inleiding

In die vorige twee skrywes is ʼn inleiding gegee oor tegnologie-ontplooiing vir die effektiewe voorkoming en opvolging van veediefstal en plaaslike veiligheid. Daar is ook geraak aan die effektiewe gebruik van tegnologie in plaasbestuur.

Hierdie skrywe sal meer fokus op ʼn holistiese benadering en meer diepgaande bespreking op verskeie vlakke van tegnologie wat uiters suksesvol ontplooi moet word vir die volledige stelsel om geslaagd te kan funksioneer. Eerstens word gefokus op die ontplooiing van videotegnologie wat benodig word vir videomonitering langs paaie.

 

Vlakke van tegnologie benodig

Die ontplooiing van ʼn kamerastelsel langs paaie sluit die volgende aspekte in:

  1. Die fondasie, basisse, en tipiese 6-meter hoë mas waarop alle toerusting gemonteer word.
  2. Die installasie van ʼn staalkabinet ongeveer 5 meter hoog op die mas waarin toerusting soos die battery, sonkragbeheerder en ʼn Ethernetskakelaar gemonteer word.
  3. Een of meer nommerplaat-herkenningskameras.
  4. Een of meer oorsigkameras.
  5. Een kamera na onder ingestel op die mas self.
  6. Sonpanele en hegstukke.
  7. Mikrogolfkommunikasienetwerk.
  8. Monitering.

 

Sonkragstelsel

Uiteraard word die kameras langs spesifieke geïdentifiseerde punte langs paaie geïnstalleer waar geen 220 volt krag beskikbaar is nie. Om dus ʼn stelsel van krag te voorsien moet gebruik gemaak word van ʼn sonkragstelsel wat hoofsaaklik gebruik maak van sonpanele, sonkragbeheerders en batterye.

Hierdie sonkragstelsel moet uiters goed ontwerp word deur professionele mense. Daar is ʼn wye verskeidenheid sonkragtoerusting beskikbaar, ongelukkig waarvan 95% van baie swak gehalte is. Die regte tipe en grootte sonpanele wat teen die regte hoeke en rigting gerig is, is uiters belangrik. ʼn Absoluut korrekte sonkragbeheerder is nodig om te verseker dat effektiewe energie-oordrag vanaf sonpanele korrek oorgedra word na die batterye. Swak sonkragbeheerders kan baie vinnig groot skade aan batterye aanrig. Daar is egter ook só ʼn wye keuse van verskeie batterytegnologie en -verskaffers waarvan ook oor 95% van uiters swak gehalte is. Daar is wel twee battery-tegnologieë vir betroubare sonstelsels. Maak absoluut seker van gehalte!

 

Nommerplaatkameras

Die nommerplaatkameras is besonder belangrik met die hoofdoel om voertuie se nommerplate dag en nag te kan lees en aan die res van die stelsel deur te gee vir verdere monitering en verwerking en vir die nodige reaksies indien nodig. Die doel van hierdie kamera is nie om enige ander waarnemings te doen nie.

Dit is ook belangrik om die nommerplaatinligting na ʼn goed toegeruste beheerkamer te stuur wat gekoppel is aan Natis- en polisiedatabasisse. Swartgelyste voertuie van die area, of enige ander verdagte voertuie wat op die nasionale databasisse is wat die gemeenskap binnegaan, maak alarm en die gemeenskap kan dadelik reageer. Die korrekte kamera vir die spesifieke plek van aanwending is onteenseglik baie belangrik. Ook die presiese instelling soos rigting, fokuspunt en korrekte rotasie is van uiterste belang.

 

Oorsigkameras.

Die hoofdoel van die oorsigkameras is om dag en nag ander aktiwiteite in die pad en om die mas te monitor. Aktiwiteite soos vee wat verbybeweeg, mense met honde en perde, die voertuig se maak, kleur en model; mense op bakkies, enige vee (dood of lewendig) op voertuie, sleepwaens of trokke, en enige ander verdagte aktiwiteite.

Na jare se ondervinding is bevind dat net ʼn baie goed opgeleide menslike oog hierdie tipe verdagte aktiwiteite in ʼn beheerkamer kan waarneem en rapporteer. Daar is nog geen “kunsmatige intelligente” -sagteware wat dit suksesvol kan bepaal soos ʼn opgeleide mens nie.

  • Hierdie kamera word onder die kabinet gemonteer om vertikaal reg teen die mas af op te neem. Die doel hiervan is basies om die mas op te pas. Sodra ʼn verdagte persoon aan die mas begin peuter of opklim word alarm dadelik na die beheerkamer gemaak en die gemeenskapsreaksiemag kan geaktiveer word.
  • Enige kamerastelsel benodig ʼn kommunikasiekanaal om die data na die sentrale NVR en na die 24/7 beheerkamer te herlei. Dit word geensins aanbeveel dat selfoonnetwerke of ’n Internetverskaffer se netwerke gebruik word nie. Sulke netwerke is gewoonlik beperk tot data bandwydte en betroubaarheid.

Indien die boeregemeenskap ernstig is en die kamera-videostelsel as kritiek beskou word, moet ʼn onafhanklike mikrogolfnetwerk daargestel word wat net vir die videostelsel gebruik word.

 

Dit is weereens hier waar van professionele ingenieurs gebruik gemaak moet word om hierdie kommunikasienetwerk van die begin korrek te ontwerp. Vanaf die tipe radio, antennaseleksie, afstande, data-bandwydte, ander steurings, die Freshnel sone en baie ander faktore is van uiterste belang om ʼn suksesvolle mikrogolfnetwerk daar te stel.

 

Dit is hier waar baie stelsels faal en nie betroubare inligting kan deurgee nie.

 

  • Baie stelsels is al gevind wat ten duurste geïnstalleer is met baie ontwerpfoute in. Een van die groot tekortkominge is dat geen monitering gedoen word nie; of moniterings-beheerkamers word deur elke Jan Rap en sy maat opgerig sonder om korrekte professionele toerusting of hoogs opgeleide personeel te gebruik.

 

ʼn Beheerkamer gaan nie net oor ʼn rekenaar en ʼn persoon wat dit beman nie. Die korrekte IT-stelsels, sagteware, inskakeling met nasionale databasisse, databerging en goed en korrek opgeleide personeel is van uiterste belang!.

 

Die meeste beheerkamers is net re-aktief, en verstaan glad nie pro-aktiewe monitering en rapportering nie. Dit word ondervind dat die meeste gemeenskappe en beheerkamers glad nie eers proaktiewe monitering verstaan nie. Proaktief is seker die mees belangrikste aksie wat ʼn beheerkamer moet kan hanteer. Dit besorg groot suksesse om moontlike misdaad vroeg genoeg waar te neem en dan voorkomende aksie te neem. Dit is van uiterste belang!

 

ʼn Professionele diensverskaffer wat al die bogenoemde aspekte korrek kan implementeer, is van hoogste belang!

 

System Design Experts (Edms) Beperk

Dirk Laing

012 6634331

072 668 0800

For more agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland | SDE