Skip to main content
AGRIFOODSA By Sakeliga Kragdag 2022

AGRIFOODSA By Sakeliga Kragdag 2022

AGRIFOODSA is trots om die aanlyn mediaborg van Sakeliga KragDag 2022 te wees. Ons gaan hierdie geleentheid vanaf 11-13 Augustus 2022 by die Diamantvallei-landgoed naby Cullinan ondersteun met ons media teenwoordigheid, ons sien uit om met die meer as 21 000 gaste te gesels wat die geleentheid gaan bywoon. Baie van die groot name in die landbou is hier op Diamantvallei, en verskeie kleiner landbouverwante besighede wat hulle produkte gedurende die week en naweek uitstal kan gerus ook kom inloer by AGRIFOODSA.

 

AGRIFOODSA SE VERBINTENIS TOT SAKELIGA KRAGDAG:

Die wêreldbevolking sal na verwagting teen 2050 tot nege biljoen styg. Om te voldoen aan die vraag wat met hierdie hoeveelheid mense verband hou, sal voedselproduksie met 70% moet styg. Gegewe die talle uitdagings wat die landbousektor in die gesig staar, soos klimaatsverandering en stygende produksiekoste, word dit egter vir boere moeilik om jaar na jaar hulle produksie te handhaaf of op te stoot.

In Suid-Afrika is toegang tot betroubare en bekostigbare krag toenemend ‘n probleem, wat tot gevolg het dat boere na alternatiewe kragbronne uit hernubare energie oorskakel. Sonenergie, asook ander hernubare bronne soos wind en hidro, stel boere en landboubesighede in staat om aan te hou werk as daar onderbrekings as gevolg van beurtkrag of kabeldiefstal is, wat verseker dat produktiwiteit nie beïnvloed word nie. Die impak wat beurtkrag of kragonderbrekings kan hê op ‘n boerdery – veral dié wat vir hulle besproeiing, pakhuiskoelstelsels en slagplaaskoelkamers van elektrisiteit afhanklik is – kan dié besigheid, asook die ekonomie, hard tref.

AGRIFOODSA as media- en promosie vennoot ondersteun alle inisiatiewe wat nastreef om die ontwikkeling van oplossings te vind wat die volhoubaarheid van die landbousektor sal verseker. AGRIFOODSA as media en promosieleier in die bemarking en posisionering van landbou onderneem om voortdurend die klem te plaas op hernubare energie oplossings en sodoende talle boere en landboubesighede te help om die voordele te besin en te begin belê in kostedoeltreffender en skoner kragopwekking as wat die nasionale elektrisiteitsnetwerk kan verskaf.

Die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VDO’s) is ontwikkel as ‘n bloudruk om ‘n beter en meer volhoubare toekoms vir almal te bewerkstellig. AGRIFOODSA is dié mediavennoot wat ons daarop toespits om produkte te vertoon en te bemark wat hernubare energie aan die landbousektor lewer en verder ontwikkel. In hierdie rol help AGRIFOODSA die res van Suid-Afrika om drie VDO’s te bereik: VDO 7: bekostigbare en skoon energie; VDO 12: verantwoordelike verbruik en produksie; en VDO 15: lewe op land as die hernubare energie vir landbou ten toon te stel en voorsiening maak vir nuwe oplsosings op land.

Ons gesels voortdurend met boere en landboubesigheidseienaars wat die hernubare-energie-reis onderneem het om insig te kry in die prestasie en proffesionalisme van hulle hernubare kragoplossings. Ons poog om uit te vind hoe tevrede hulle met die werklike energielewering en -benutting vergeleke met die beloofde spesifikasies is en ons berrig hieroor in ons verskeidenheid media.

In ons artkels fokus ons gereeld op alternatiewe energie bronne en oplossings. Alternatiewe energieë word so genoem of, meer gesproke, alternatiewe energiebronne, by tegnieke en prosedures vir die verkryging van energie anders as die tradisionele, wat bestaan uit verbranding fossiel brandstowwe (Petroleum, Steenkool, natuurlike gas, ens.). Hierdie term word gewoonlik geassosieer met die soeke na energie uit minder besoedelingstowwe maar dieselfde prestasie vermoȅns.

Die verbranding van koolwaterstowwe is steeds die mees gebruikte energiebron ter wêreld, gegewe sy enorme opbrengs wanneer dit kom by die vervaardiging van brandstof vir motors, vliegtuie of bronne van elektrisiteit. Die omgewingsgevolge daarvan het egter bygedra tot die onstabiliteit van die markte vir rou materiaal, stel die behoefte aan energie op skoner, veiliger en goedkoper. Dit is dus alternatiewe energieë.

Die belangrikste voordele van alternatiewe energieë is:

  • Minder omgewingsimpak. Alhoewel dit nie ekologiese of groen maniere is om energie te verkry nie, aangesien 'n hidroëlektriese aanleg 'n aansienlike ekologiese impak het, is dit meer gerieflik vir die globale ekosisteem en die probleme van klimaatverandering as die verbranding van koolwaterstowwe, aangesien hulle nie soveel kweekhuisgasse genereer nie.
  • Laer koste van rou materiaal. Deur nie afhanklik te wees van die ontginning van olie, steenkool of aardgas nie, hou hierdie energieë hul koste stabiel, wat dit in baie gevalle beperk tot die aanvanklike installasie en daaropvolgende instandhouding.

 

MEER OOR AGRIFOODSA:

AGRIFOODSA.INFO is ʼn advertensie- en inligtingsgids wat spesifiek gefokus is op die Suid Afrikaanse landbou en voedsel industrie. AGRIFOODSA vier reeds ons tiende bestaansjaar. Menige AGRI-besighede en landbouers is reeds ou vriende van AGRIFOODSA. Ons is ook hierdie jaar aktief betrokke by landbouskoue en daarom trotse borg van Sakeliga KragDag.

Google is te groot vir sy stewels en ons arme vingers is moeg om deur die Geelbladsye te stap. Die uitkoms is eindelose, nuttelose en doellose resultate, wat selde mark- en bedryfspesifiek is. Om te verseker dat die eeue oue vraag oor die hoender en die eier nooit beantwoord sal word nie. Jy mag daardie grys hare nou inkleur, want ons het die oplossing! AGRIFOODSA is die multimedia inligtings platform met MES Consultants South Africa as mediahuis.

Ons AGRIFOODSA webwerf herbekendstelling is geskeduleer om saam te val met die Sakeliga KragDag en sal regstreeks wees op 11 Augustus 2022. Besoek gerus ons splinternuwe Webtuiste: agrifoodsa.info om al ons nuwe dienste en funksies te waardeer. Ons webtuiste is aangepas en verbeter sodat ons meer dienste en produkte kan bied aan al ons gewaardeerde kliȅnte.

As deel van die AGRIFOODSA.INFO webwerf, bied ons aan al ons adverteerders die volgende blootstelling:

  • Google Search Engine Optimization
  • Advertensies in ander Landboutydskrifte
  • Uitsendings en spesiale aanbiedinge van adverteerders wat op ons NUUS-bladsy geplaas word
  • Blootstelling op ons sosiale media-bladsye en ons webwerf se maandelikse nuusbrief word aan 18 000 kontakte regoor Suider-Afrika gepos.

 

AGRIFOODSA bied advertensie-opsies om in almal se behoeftes te kan voorsien. Moontlikhede wissel van 'n premium gidsinskrywing tot 'n hoofbanieradvertensie. Alle groot rolspelers in die landbou- en voedselbedryf is in staat om ongelooflike goeie blootstelling en bemarkingsvoordele teen baie billike pryse te kry.

 AGRIFOODSA is aktief op Facebook, Instagram, LinkedIn, Pinterest, Twitter en Youtube. Besoek gerus ons Facebook blad.

Ons Facebook blad is vol kompetisies, grappe, adverteerder-uitstallings en resepte, sowel as nuttige en insiggewende artikels wat gereeld op die dagblad opgelaai word.

Hou ons ook gerus dop en volg ons op sosiale media vir enige aankondigings en opwindende aanbiedinge binne die landboubedryf. Ons woon menige landbou en landbou verwante geleenthede by en hou ons lesers, sosiale media volgers en kliȅnte op hoogte van die nuutse nuus en tegnologiese ontwikkelinge binne die landbou omgewing.

Die gedrukte tydskrif: AGRIFOODSA Magazine word beskou as een van die mees doeltreffende en gerieflikste Landbou tydskrifte. Kyk gerus uit vir Suid Afrika se enigste graties verskaffersgids by jou naaste afsetgebied.  

Ons is ook trots op die AGRIHOW™ afdeling wat in ons tydskrif en op ons webtuiste aan  gebied word. As jy enige nuwe projek loods of aanpak maar jy is nie heeltemal seker oor al die aspekte van die projek nie en jy wil graag meer inligting verky van die kenners is die AGRIHOW™ afdeling net die plek om meer inlitgitng te kry. Ons verskaf geborgde artikels wat ontwkikkeling binne die landboubedryf aanpak om kleinboere en nuwe boere wat die Industrie betree van waardevolle inligiting te bedien. Ons praktiese en industrie spesifieke inligting gee aan voornnemende- en bestaande kleinboere waardevolle kennis en gewaarborgde metodes om moeilke begrippe en projekte te verstaan en aan te pak met selfvertroue.

Die AGRIFOODSA-nuusbrief wat ons digitale tydskrif is bied aan ons lesers insiggewende artikels, opwindende kompetisies en selfs resepte. Ons inligitng is Indsutrie gerig en ons berig gereeld en verantwoordelik oor die nuutste verwikkelinge in landou. Om op ons nuusbrief in te teken, kontak info@agrifoodsa.info

 

VIR MEER INLIGTING OOR AGRIFOODSA EN AL ONS PRODUKTE EN DIENSTE KONTAK:

agrifoodsa.info | info@agrifoodsa.info | +27 (0) 12 997 3407

 

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
agrifoodsa | KragDag | sakeliga | Diamantvlei Landgoed | ekspo