Skip to main content

Boer Slim En Bestuur Jou Opbrengs Reg met Syngenta

Om suksesvol te boer is nie altyd maklik nie maar landbou is lekker, uitdagend en elke dag is daar iets nuuts. Meeste produsente sal saamstem dat die 2018/2019 seisoen glad nie uitgespeel het soos wat voorspel is nie.  Die westelike produksiestreke het weereens swaargetrek met baie laat reëns en droeë toestande, die oostelike dele het weer goeie reëns gekry maar met hewige haelstorms wat oor groot areas verwoesting gesaai het. Dié uiterste klimaatstoestande het weereens gesorg vir nog `n uitdagend produksieseisoen; hoë druk herfskommandowurm wat voorgekom het in Natal (Fig 1), rooispinmyt op sojabone (Fig 2) sowel Phaeosphaeria op mielies (Fig 3) wat voorgekom het op die Hoëveld.  Mees onverwags was die uitbraak van die “semi-looper” Achaea spp. (Fig 4) wat skade begin aanrig het op sojabone en gewoonlik net dubbeltjies en doringbome (Acasia spp.) vreet.  Hierdie was alles gevolge van `n seisoen wat kom bevestig het dat voorspellings vir `n nuwe seisoen maar altyd iets van `n raaisel bly.

Omgewingstoestande is in konstante verandering en in hierdie konstandheid van verandering maak dit moeilik om te beplan vir ‘n seisoen. Die afgelope seisoen het ons herinner dat baie faktore buite die produsent se beheer val en dat dit egter uiters belangrik is dat produsente dié faktore wat wel in sy beheer is, tot die beste van sy vermoë bestuur.  Soos die toestande verander moet bestuurspraktye saam verander sodat die interaksies tussen die gewas, die omgewing, siektes, insekte en onkruide as ‘n geheel benader word. Gegewe hedendaagse insetkostes per hektaar, moet die maksimum oespotensiaal vanuit die staanspoor as einddoel gestel word en moontlike skade op gewasse van die begin af gestop word.

Onkruide is verantwoordelik vir ongeveer 34% van oesverliese wêreldwyd, vergeleke met insekte en siektes wat onderskeidelik 18% en 16% van verliese veroorsaak.  Omdat onkruidkompetisie nie so sigbaar is soos `n siekte of insekplaag nie, gaan die impak op die gewas meeste van die tyd ongesiens verby.   Matige onkruiddruk kan verliese van tot 30 kg/ha per dag veroorsaak - `n stand van sake wat slegs deur voorkomende beheer verhoed kan word. Onkruidbeheer moet voor die 3-blaarstadium van `n mielieplant gedoen anders word die wortelontwikkeling negatief beïnvloed en is opbrengsverliese nie meer omkeerbaar nie.  Belangrik is om onkuide eerder in die grond as in die lug te veg, 9 uit die 10 kere is dit `n wenresep!

Om voorkomende beheer toe te pas teen onkruide, siektes en insekte verseker minimale opbrengsverrliese.  Plante kan `n mate van insekskade hanteer, maar wanneer die blaaroppervlakte verklein word of sekondêre swam-infeksies begin inkom, kan opbrengs en kwaliteit nadelig beïnvloed word.  Dieselfde geld vir siektes soos grysblaarvlek en noordelike blaarskroei wat mielie-opbrengs drasties kan verlaag en alhoewel hulle in baie gevalle gestop kan word, is skade alreeds aangerig.

`n Suksesvolle beheerstrategie word gebou op die korrekte identifikasie van die probleem hetsy dit onkruide, siektes of insekte (aalwurm ingesluit) is.  Waarnemings moet alreeds in die vorige seisoen gemaak word.  Waardevolle inligiting kan veral later in die seisoen ingesamel word deur lande deur te loop, probleme te identifiseer, die biologie en ekologie na te vors, en die impak van bestuursbesluite te bepaal. 

Syngenta se fokus hierdie jaar by Nampo is om produsente te help om onkruide, insekte en siektes te identifiseer en winsgewende oplossings te vind.  Die vraag is altyd of die koste van ‘n bespuiting die verwagte verhoging in opbrengs regverdig.  Daar is baie produkte, tenkmengsels beskikbaar en baie planne wat gemaak kan word maar die wegspringpunt is altyd die onkruidspektrum, insek- en siektedruk op die plaas en hoe dit die beste bestuur kan word.

Syngenta se navorsing die afgelope paar jare is nie net op gewasbeskerming nie maar ook op gewasbevordering gemik. Die doel is om die produsent te ondersteun om hul opbrengs te verbeter, kundigheid te ontwikkel en effektiwiewe oplossings te vind vir die uitdagings van more.  Die biologie van gewasproduksie is dinamies en staan nooit stil nie.   Daar is geen vasgestelde formule wat jaar na jaar sal werk om dieselfde opbrengs te verkry nie.  Dit is belangrik om saam met maatskappye te werk wat oor die kundigheid beskik en ondersteuning bied om volhoubaar vooruit te boer in tye van onsekerheid.

 

     Figuur 1 Herfskommandowurm op mielies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

     Figuur 2 Rooispinmyt wat geel kolle in die sojaland veroorsaak en van nader bekyk (Foto:  Me Tia Ferreira)

 

 

 

 

 

 

 

 

     Figuur 3 Phaeosphaeria op mielies (Foto: Mnr Petrus Makoro)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

     Figuur 4 “semi-looper” Achaea spp. op sojabone (Foto:  Mnr Henk Harmse)​

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
landbou