Skip to main content
Kragdag

Die Eerste Sakeliga Kragdag Wes-Kaap Bied Self-Doen Oplossings Vir Elkeen

KragDag wat reeds sedert 2008 net buite Pretoria aangebied word, het verlede week sy eerste ekspo in die Wes-Kaap aangebied. Die Sakeliga KragDag Ekspo is die hoogtepunt op die KragDag-kalender en bied ʼn uitstalkas vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings.

Die ekspo word deur talle kundiges beskou as dié plek waar entrepreneurs en tegnologie saamgevoeg word tot die grootste versameling van selfstandigheidsoplossings op elke denkbare terrein.

Vanjaar se tema nl. “Kom ons bou ʼn kragstasie” het die geleentheid aan Kapenaars gebied om by kundiges in die energie sektor te leer oor hoe elke huis en gesin meer selfstandiger kan leef en veral ook om volhoubare en bekostigbare oplossings te soek om geheel en al onafhanklik te raak vanaf Eskom en om sodoende self genoegsame elektrisiteit vir huishoudings en ook besighede op te wek.

Die Wes-Kaap KragDag Ekspo wat op die Môreson Plaas, net buite Malmesbury aangebied is het 5 260 besoekers gelok. Volgens KragDag is die groot getal besoekers ʼn aanduiding dat inwoners van Suid-Afrika ywerig is om vir hulself skanse teen staatsverval op te rig.

Sakeliga, die hoofborg van die KragDag Ekspo, moedig reeds vir ʼn geruime tyd sy lede en die publiek aan om na selfdoen-alternatiewe oplossings te begin soek om die impak van die voortslepende kragkrisis in Suid-Afrika op hulself te verlig.

Tydens die eerste Wes-Kaap KragDag Eskpo het 103 uitstallers verskillende produkte ten toon gestel en is daar ook verskeie demonstrasies aangebied. Die uitstallings het gewissel vanaf watersuiweringstelsels, sonkragoplossings en die omskakeling van organiese energie in biogas tot elektriese voertuie, buitelugkragtoerusting en alternatiewe onderwys oplossings. Die ekspo het ook sterk landbou komponent ingesluit. Die ekspo het leersame geleenthede aan elke besoeker gebied het.  

Alternatiewe kragopwekking is veral ʼn groot fokuspunt tydens vanjaar se KragDag Ekspo. Volgens HP Steyn, bestuurshoof van KragDag is kragoplossings dringender as ooit vantevore. Hy voer aan dat KragDag die geleentheid aan entrepreneurs bied om ʼn groot verskeidenhied selfstandigheidsoplossings vir alle terreine aan huishoudings en ondernemings te bied, hetsy dit te doen het met watertekorte, watersuiwering, voedselproduksie, onderwys of sekuriteit.

KragDag, Sakeliga en Solidariteit het reeds besluit om afsonderlike, maar komplementêre aksies van stapel te stuur om huishoudings en besighede te help om van Eskom-afhanklikheid te ontsnap.

KragDag nooi ander organisasies, instansies en ondernemings om deel te word van hierdie aksies om ʼn energieselfstandigheidsgolf te ontketen wat ook ʼn breër energie vir ʼn selfstandigheidslewe kan losmaak.

Mense in die noorde en sentrale dele van die land kan weer na ʼn KragDag Ekspo uitsien wat vanaf 9 tot 12 Augustus vanjaar aangebied word wat ook beloof om geleenthede aan huishoudings en ondernemings te bied om finaal van Eskom se onbetroubare dienste verlos te word.

Sakeliga KragDag Wes-Kaap 2024 se datum word binnekort bekend gemaak! Hou die webtuiste dop vir meer inligting.

 

 

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Mediaverklaring: Die Eerste Sakeliga Kragdag Wes-Kaap Bied Self-Doen Oplossings Vir Elkeen!