Skip to main content
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deur Gevorderde Tegnologie En Gemeenskapsontwikkeling - Deel 2

Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deel II

Inleiding

Effektiewe plaas- en sekuriteitsbestuur vir boere en gemeenskappe is van uiterste belang. Dit is veral as gevolg van die geweldige styging in insetkoste, algemene sekuriteit en die effektiewe beperking tot diefstal van vee en agri-produkte soos graan, groente en vrugte wat die hoogte inskiet.

Indien gemeenskappe aanhou doen wat in die verlede gedoen is, sal dieselfde probleme herhaaldelik voorkom en drasties vererger. Voorkomende maatreëls en stelsels om proaktief en reaktief te kan optree is uiteraard van besondere belang. Dit raak dringend nodig vir die gemeenskappe om hande te vat en belangrike stappe te neem met die implementering van die nodige stelsels.

 

Die impak van tegnologie

Die korrekte en effektiewe aanwending van tegnologie op verskeie vlakke sal ʼn baie groot inpak kan maak op plaasbestuur, sekuriteit en diefstalvoorkoming, asook die algemene bestuur en beheer van die plaas.

Die regte aanwending van tegnologie kan amper alle aspekte aanspreek rakende plaasbestuur. Dit sluit in water- en energiebestuur; grondvog en grondanalisering; bestuur van werkers, asook videotoesig oor alle plaasaktiwiteite.

Seker die beste tegnologie wat gebruik kan word vir vee- en ander diefstal, is om gebruik te maak van direkte videokamera-tegnologie met direkte beeldstroming wat deur effektiewe beheerkamermonitering gedoen word.

 

Videotoesig

Enige dief of ander skelms, selfs werkers, word ernstig afgeskrik indien hulle weet hulle word dopgehou met videokameras wat permanent gemonitor word, Dit is oor en oor bewys dat videokameras en die monitering daarvan  ʼn groot impak het op die drastiese verlaging in diefstal en ʼn groot verbetering in menslike veiligheid.

Die aktiewe gemoniteerde videostelsels het ʼn groot invloed op die voorkoming van kriminele bedrywighede en arrestasies van misdadigers. Alle verdagte voertuie wat gesteel of by gewapende rowe betrokke was by enige plek in die land, sal dadelik herken word. Alarm sal dadelik gemaak word indien so ʼn voertuig ʼn spesifieke gemeenskap inbeweeg. Gemeenskappe self kan ook verdagte voertuie op die stelsel registreer. Indien so ʼn voertuig by enige kamera verbybeweeg word ’n dringende alarm gemaak waarop die gemeenskap dadelik kan reageer.

Mense met honde, perde en verdagte vee wat by kameras verbybeweeg, asook enige ander moontlike verdagte situasies wat op die kameras in die beheerkamer raakgesien word, word dadelik aan die gemeenskap bekendgestel.

 

Oorhoofse videotoesigtegnologie.

Daar is hoofsaaklik ses aspekte wat ʼn videokamerastelsel suksesvol maak.

  1. ʼn Volledige ondersoek op die perseel of plase.
  2. ʼn Volledige tabel en ingenieursontwerpe, met koste ingesluit.
  3. Kameras van hoogstaande gehalte. Die aankoopprys word gou vergeet sodra die stelsel uitstekend werk. Goedkoop koop is duur koop.
  4. SDE maak nooit gebruik van selfoonnetwerke om die kamera-inligting na beheerkamers toe te stuur nie. ʼn Volledige mikrogolfnetwerk word ontwerp en geïmplementeer om seker te maak die data- en video-stroming is veilig en betroubaar.
  5. Geen stelsel is effektief indien dit nie 24/7 gemonitor word nie. Die implementering van betroubare toerusting in die beheerkamer en goed opgeleide personeel sal verseker dat ʼn betroubare pro- en reaktiewe monitering gedoen word.
  6. ʼn Aktiewe en goed opgeleide gemeenskapsgroep om vinnig op te tree wanneer gevalle gerapporteer word.

Die vinnige saamgooi van videotoesigstelsels wat êrens deur ʼn familielid gedoen word om koste te spaar, het herhaaldelik bewys dat baie aspekte wat ʼn professionele moniteringbeheerkamer kan bied baie meer akkuraat, proaktief en reaktief is.

 

Betroubare diensverskaffers.

Dit is hier waar baie stelsels faal en nie betroubaar is nie. SDE is al verskeie kere deur boeregemeenskappe versoek om reeds geïnstalleerde stelsels wat nie werk nie as gevolg van swak ontwerp en swak ontplooiing, te herstel tot ʼn baie betroubare vlak. En dit natuurlik met onnodige addisionele koste.

Die aankoopprys moet nie die enigste dryfveer wees vir besluitneming om sulke belangrike stelsels te installeer nie.

  1. Daar word voortdurend bevind dat boerderygemeenskappe huiwerig is om nuwe en gevorderde tegnologie te gebruik. Daar is verskeie redes hiervoor: van gemeenskappe wat nie vertroud is met tegnologie nie en daarvan wil wegbly, tot die gebrek aan vertroue dat tegnologie nie betroubaar is nie.
  2. Dit is hier waar dit baie belangrik is om betroubare diensverskaffers te gebruik wat stelsels en toerusting van hoogstaande gehalte installeer. Daar word gereeld gesien dat onkoste meestal die enigste dryfveer is vir besluitneming oor aankope en installering van hierdie stelsels. Dit is belangrik om te weet dat hierdie tegnologiese stelsels soos ʼn ketting is met heelwat skakels. As een van die skakels nie reg ontwerp of uitgevoer is nie, beïnvloed dit die betroubare werking van die hele stelsel.
  3. Dit is dus van groot belang om professionele diensverskaffers met professionele ingenieurs in diens te hê. Suksesvolle werkende stelsels gebeur nie deur net ʼn klomp verskillende tegnologiese boublokke bymekaar te gooi nie. Elke stelsel het unieke uitdagings. Die inspeksie, gedetailleerde ontwerp en -voorstel is van kardinale belang voordat ʼn stelsel geïnstalleer word. Dit kan nie net lukraak gedoen word nie.

 

SDE is só ʼn maatskappy wat gebruik maak van professionele persone wat jare se ondervinding het in hierdie veld. SDE kan op enige stadium gekontak word vir meer inligting.

 

System Design Experts (Edms) Beperk

Dirk Laing

012 6634331

072 668 0800

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deur Gevorderde Tegnologie En Gemeenskapsontwikkeling - Deel 2