Skip to main content
AgriSeker is opgewonde oor die toekoms van Landbou in Suid-Afrika...

AgriSeker: Opgewonde Oor Die Toekoms Van SA Landbou

Ons leuse is nie verniet “’n Seker Toekoms” nie. 

AgriSeker is gemotiveer om ‘n bydrae te lewer tot die toekoms van ons land met 'n toegewyde fokus op landbou deur kennis, begrip en deelname in hierdie sektor. Ons fokus is op ons boere en jongmense... ons het julle nodig vir die voortbestaan van Landbou.

 

Wie is AgriSeker?

AgriSeker is 'n spesialis in onderskrywing in die Suid-Afrikaanse oesversekeringsmark, met die visie om 'n landbourisikobestuursdiens te bied.  Hierdeur dra ons by om 'n belangrike rol te speel in die voedselsekerheid van ons pragtige land. Ons skep verhoudings met kliënte en versekeringsadviseurs en hou dit in stand deur ‘n pasmaak infrastruktuur te skep om hierdie verbintenisse met voortreflike kennis en kundigheid te ondersteun.

By AgriSeker lewer ons ‘n onderskrywingsdiens onder die lisensie van die Land Bank Versekeringsmaatskappy (SOC) (LBIC) d.m.v. 'n ooreenkoms met LBIC as die versekeraar, om oesversekering namens hul te bestuur en te onderskryf.  Die groter boek word verder onderskryf deur ‘n internasionale paneel van Hersekeraars.

AgriSeker is geregistreer as 'n onafhanklike regsentiteit met al die nodige statutêre verpligtinge in plek om as 'n Onderskrywingsbestuursagentskap  te funksioneer. Die maatskappy gebruik slegs geregistreerde en geakkrediteerde Tussengangers, gemagtig om AgriSeker produkte te bemark.

 

Wat doen AgriSeker?

Stormweer kan uiterste gevolge vir jou oeste inhou … veral as 'n belowende oes skielik deur hael vernietig word. AgriSeker ondersteun kliënte deur moeilike omstandighede wanneer risiko's boerderybedrywighede bedreig. Om skade te bepaal is waar die AgriSeker Familie se kundigheid werklik ter sprake kom.

Ons bied met vertroue 'n finansiële risikobestuursdiens aan die boer. Kontantvloeidruk en ander invloede op welvaart is 'n realiteit, daarom het ons saam met ons Versekeraar, LBIC gewerk aan strategieë tot voordeel van die produsent. Ons versekeringsoplossings is spesifiek aangepas vir die behoeftes van boere.

Alhoewel AgriSeker graan en oliesade dek, is boorde, tesame met wingerde en groente ook verseker teen skade van die meeste weerstoestande soos hael, ryp, wind en brand, asook onvoorsiene ongelukke soos 'n swaarvoertuig wat sy vrag verloor op pad na 'n silo. Ons is ook daar om te help as beeste groener weivelde soek en deur die heining breek om aan  lekker mielies te smul.

 

Hoekom is oeversekering noodsaaklik?

Om een enkele rede...   klimaatselemente is onvoorspelbaar en in baie gevalle vernietigend vir ‘n oes.  Hierdie klimaatselemente verhoog die risiko in landbouproduksie.

 

Hoekom is dit voordelig om deur AgriSeker te verseker?

Ons Snap Landbou se Hartklop!

Die AgriSeker-diensstandaarde waarop kliënte die afgelope paar dekades staat gemaak het, is steeds stewig in plek om boere se verskeie risiko behoeftes aan te spreek.

Ons finansiële stabiliteit stel ons in staat om oesversekeringseise vinnig en akkuraat te bepaal en te betaal. Ons voeg waarde toe tot die kliënt se boerderybesigheid met ‘n pasmaak werkvloei, kundige produktoepassing en advies binne die konteks van ons statutêre verpligting.

Toeganklikheid, oop kommunikasie en dienslewering is ingewortel in die manier waarop die AgriSeker Familie dinge doen.

Met 'n wye diensleweringsnetwerk byderhand, is AgriSeker die beste geposisioneer om ‘n risikobestuursdiens aan boere en kliënte regoor Suid-Afrika te bied.

Alle taksering van skade op land of in die boord moet deur 'n spesialis hanteer word, daarom word al ons assessors  jaarliks geakkrediteer en net die beste kundigheid word aangewend om verliese vinnig en akkuraat te bepaal.

Ons assessors het ook nie teruggestaan tydens die afgelope seisoen se nat toestande nie. In die meeste gevalle is daar verder te voet getakseer.

AgriSeker doen uitgebreide navorsing oor tegnologiese vooruitgang om doeltreffend aan ons kliënte se voortdurend veranderende behoeftes te voldoen. Ons bied 'n operasionele en versekeringsondersteuningsdiens, met 'n nuwe unieke onderskrywing- en bestuursstelsel. Hierdie verseker vinnige diens wat aan ons kliënte akkurate en doeltreffende resultate bied en dit vir boere makliker maak om 'n vinnige aanpassing te maak op 'n tydstip wat gewoonlik die besigste tyd tydens produksie is.

 

Gepraat van Nat toestande, wat is die Cumulus verslag?

Inligting word aan ons kliënte gekommunikeer via die Cumulus ('n weeklikse weernuusbrief in seisoen) wat die onmiddellike klimaat en weerstoestande insluit.

Die Cumulus word saamgestel deur Dr. Johan Malherbe van die Landbounavorsingsraad (een van die bes gekwalifiseerde landbouweerkundiges in die land) in samewerking met AgriSeker se eie Reinhard Kuschke.

 

Skakel jou naaste Versekeringsadviseur of besoek www.agriseker.co.za

 

For other agricultural products and services, click here.

 

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
AgriSeker is opgewonde oor die toekoms van Landbou in Suid-Afrika... | Agri seker | agriseker