Skip to main content

Agriclime Is Sy Gewig In Goud Werd

Selfs wanneer Suid-Afrika as geheel ‘n rekordmielie-oes beleef, is daar produsente wat die knie voor droogtetoestande moet buig. Gelukkig kon Syngenta se AgriClime tot heelwat van hierdie produsente se redding kom met totale uitbetalings van amper R5 miljoen aan produsente in die afgelope seisoen.

 

Volgens Muntingh Hamman, Syngenta se produkbestuurder (westelike streek), het 252 produsente in die somerreënvalgebied by AgriClime aangesluit in die 2019/2020-seisoen. In die Kaap, waar die aanbieding op beperkte skaal getoets is, het 14 produsente deelgeneem.

 

Syngenta is ook baie tevrede met die resultate wat hierdie innoverende finansiële oplossing vir produsente gelewer het. Hamman bevestig dat 2019/2020 oor die algemeen ‘n goeie mieliejaar was, maar AgriClime het ten spyte daarvan tot die redding van heelparty produsente gekom.

 

“In die Kaap het al 14 oefenlopie-produsente ‘n kontant-uitbetaling ontvang wat gemiddeld gelykstaande aan 10% van hul Syngenta-aankope was,” sê Hamman. “Syngenta het in totaal amper R438 000 uitbetaal.” Dat die toets in die Kaap ‘n sukses was, blyk uit die meer as 60 produsente wat reeds by AgriClime aangesluit het vir die 2020/2021-seisoen.

 

In die somer reënvalgebiede van die land het die somtotaal van die uitbetalings net bietjie meer as R4.5 miljoen beloop. Produsente in die die weste het R1.67 miljoen gekry en dié in die ooste R2.8 miljoen.

 

AgriClime is ‘n finansiële oplossing waardeur die risiko van opbrengsverliese weens droogte gesamentlik deur Syngenta en die produsent gedra word. Deur die gebruik van moderne satelliettegnologie, kan produsente ten minste ’n gedeelte van hul gewasbeskermingsinsette

herwin indien die weer nie saamspeel nie.

 

Die program is gegrond op spesifieke koördinaatpunte op die produsent se land wat die stelsel dan na ’n kwadrant van 5 km x 5 km verwerk. Die kwadrant se gemiddelde reënval oor 20 jaar word oor ’n gegewe jaarlikse periode (die risikotydperk) wat die produsent vooraf gekies het, bepaal, byvoorbeeld 1 Augustus tot 15 September.

 

Die gemiddelde reënval word dan vergelyk met satellietdata van die werklike reënval vir die kwadrant in daardie tydperk. Indien die reënval minder as 20% van die gemiddelde reënval oor 20 jaar is, is ’n persentasie-uitbetaling ter sake.

 

“Hoe verder jy onder die reënval uitbetalingspunt tydens die risikoperiode is, en hoe laer jou

reënval is, hoe groter is die uitbetaling wat jy terugkry op jou Syngenta-aankope,” verduidelik Hamman.

 

Die finale berekening is gegrond op die totale waarde van die produsent se Syngenta produk-aankope en die uitbetaling kan tot soveel as 27% van die aankoopwaarde wees.

 

“Die denke wat tot AgriClime gelei het, is eenvoudig,” sê Hamman. “Ons wil hê dat produsente te alle tye met vertroue in Syngenta-produkte kan belê omdat hulle weet dat Syngenta saam met hulle staan wanneer die reën wegbly. Finansiële oplossings wat produsente in staat stel om maksimum opbrengs en gewaskwaliteit te behaal, help verder om ons doelwit van voedselsekuriteit te bereik.”

 

Produsente wat belang stel om in die 2020/2021-siesoen aan AgriClime deel te neem, kan hul naaste Syngenta-agent kontak om die volledige besonderhede te kry. Bepalings en voorwaardes geld.

 

 For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Syngenta se AgriClime tot heelwat van hierdie produsente