Skip to main content

Ctrack: Die Dryfkrag Agter Altyd Sigbaar

Ctrack, ‘n “Software as a Service”(Saas)-oplosssing wat deur die Inseego-Groep aangebied word, is ‘n globale verskaffer van voertuigopsporing-, versekeringstelematika- en vlootbestuuroplossings. Ons verskaf pasgemaakte oplossings vir ons kliënte, en ons voorsien ook in besigheids- en nywerheidsvereistes. Ons tegnologiese en elektroniese navorsingsafdeling ontwerp en ontwikkel ‘n wye reeks van batebestuur- en moniteringstelsels wat gebruik maak van GPS-satellietposisionering, GSM-sellulêrekommunikasie en ander gevorderde kommunikasie- en sensortegnologieë.

 

Ons operasies onder die Ctrack-handelsmerk omvat 55 lande op ses vastelande met 500 werkgewers en met meer as ‘n miljoen Ctrack-stelsels wat al verkoop is. Om ons aanbieding verder uit te brei, het ons ons posisie as ‘n verskaffer van gevorderde masjien-tot-masjien (M2M)-kommunikasie- en telematika-oplossings vir spesifieke nywerheidsoplossings versterk.

 

Ons voortgesette klem op navorsing en die ontwikkelng van volgendegeslag-produkte verseker dat ons steeds aan die voorkant van die mark bly, en voldoen aan die eise na waardetoegevoegde-, buigsame, eienskapryke en kostedoeltreffende tegnologie wat alles Altyd Sigbaar hou.

 

Ons wye reeks produkte en dienste is ontwertp en ontwikkel om by jou besigheid se behoeftes aan te pas, insluitende bedrywe soos:

  • Vervoer en Logistiek
  • Lughawe-oplossongs
  • Mobiele Bates
  • Sekerheid en Veiligheid
  • Landbou
  • Mynbou en Geel Toerusting
  • Veiligheid- en Sekerheidsmaatskappye
  • Staat- en Openbare Vervoer
  • Dryfspesifieke Bestuursinstrumente
  • Klein- en Mediumbesigheidsoplossings
  • Steunprogrammatuur en Besigheidsintelligensieplatform vir al die bogenoemde.

 

Ctrack verskaf ook geïntegreerde oplossings met derdepartye en produkte wat nie normaalweg as ware opsporingsprodukte beskou word nie. Hierdie eenstop-winkel vir vlootbestuurders bied ook ‘n ultramoderne kamera-oplossing, Ctrack Iris, waarmee vervoer- en batebestuurders lewendige opnames van boordkameras, sowel as tot vier kameras aan vragmotors, sleepwaens en binne-in vragbakke, kan beskou. Die boordtoestelle wat bestuurders help met veeltaakverrigting en roetebestuur is die resultaat van jare se ontwikkeling van programmatuurverslae, wat maklik toeganklik is via moderne toestelle en wolkgebaseerde platforms.

 

As deel van die Inseego-Groep is ons oogmerk om besigheid oor die hele wêreld te transformeer met innoverende oplossings en die wyse waarop besigheid kommunikeer en saamwerk, te verander met opvolgbare insigte op wolkplatforms. Ons waardes, naamlik ‘n dringendheidsgevoel, kliëntgefokusde, markgedrewe verantwoordelikheid en integriteit is die hoekstene van ons besigheid.

 

Ons voortgesette klem op navorsing en die ontwikkelng van volgendegeslag-produkte verseker dat ons steeds aan die voorkant van die mark bly, en voldoen aan die eise na waardetoegevoegde-, buigsame, eienskapryke en kostedoeltreffende tegnologie wat alles Altyd Sigbaar hou.

 

Ctrack, hou jou vloot ALTYD SIGBAAR. Kontak ons by CTRACK.

 

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Ctrack