Skip to main content
Hybrid Solutions SA

Strikvalle Van Verbruiker Beskerming In Die Hernubare Industrie

Deur Francois Coetsee, Vise-Voorsitter van SESSA, en Eienaar van Hybrid Solutions S.A.

As ‘n industrie in sy kinderskoene, en die enorme vinnige groei wat ervaar word as gevolg van verskeie redes onder andere die onstabiliteit van die Nasionale Elektriese Netwerk weens wanbestuur deur huidig en verlede bestuur, is dit belangrik om as verbruiker bewus te wees van die strikvalle wat bestaan ten opsigte van die industrie self, sowel as die maatskappye wat die toerusting invoer, herverkoop en installasies behartig. Hierdie artikel word spesifiek geskryf om die verbruiker in te lig sodat hul ‘n ingeligte besluit kan neem.

Met die industrie wat spesifiek verbruiker gedrewe is, is die eerste en mees belangrike stap om die verbruiker te beskerm. Beskerming van die verbruiker begin by elkeen van ons wat in die veld werk of spesialiseer, dit sluit in die invoerders, verskaffers, verspreiders, konsultante en maatskappy wat die verkope en installasies behartig.

Dit is ongelukkig waar die grootste strikval ons in die oog staar. As gevolg van die drukkende nood om alternatiewe bronne van energie generasie te kry vir persoonlike en besigheid gebruik, het ‘n geleentheid beskikbaar geword vir ‘n diverse span om in te tree en te skep so lank as wat die nood daar is. Met dit gesê staar Suid-Afrikaners groot moeilikheid in die gesig deur mense, en maatskappye wat die geleenthede wil misbruik om die verbruiker te besteel.

Alhoewel daar verenigings is soos PQRS, PVGreencard, en opleidings instansies soos AITF en meer wat geakkrediteerde opleiding bied, is daar groot massas kansvatters wat bloot die verbruiker inwag met die doel om te bedrieg en te besteel. Dit is dus belangrik om as verbruiker bewus te wees daarvan om op die uitkyk te wees sodat hul nie ingedoen of besteel word nie. Die ongelukkige deel van die hele saak is die feit dat ongeag hoeveel die hoeveelheid maatskappye geakkrediteerde opleiding ontvang, daar ‘n baie klein persentasie van daardie maatskappye is wat die verbruiker op enige manier beskerm, dit sluit in die verbruikersbeskermingswet.

Vir die verbruikers en maatskappye wat nie bewus is van die Ombudsman wat toesig hou oor die hernubare industrie in Suid-Afrika nie, is dit egter uiters belangrik om bewus te wees en kennis daarvan te dra dat maatskappye buite SESSA geensins toegang het to die Ombudsman nie, en vir die verbruiker die Ombudsman nie sake buite SESSA kan aanpak nie. Die SESSA Ombudsman se jurisdisie is beperk tot die lede van die Vereeniging en kan dus slegs vrye advies bied aan die verbruiker wat ‘n saak aanhandig maak teen ‘n maatskappy wat buite SESSA se lidmaadskap basis is. In die geval van ‘n dispuut, word die verbruiker ingelig dat indien hul besluit om ‘n installasie maatskappy te gebruik wat buite die SESSA lidmaatskap basis val, die enigste plan van aksie is om die saak in die hof te litigeer.

As verbruiker is dit dus van absolute belang om navorsing te doen voor stappe geneem word om ‘n maatskappy, of vriend, of elektrisiën te kry om die installasie te behartig. Die nadeel strek ook verder deur  verbruikers wat self installasie doen of “DIY” behartig. Vir die verbruikers wat self installasie’ s of “DIY” behartig, is dit egter belangrik om te besef dat die handleidings van die toerusting Spesifiek daarop wys dat die installasie deur ‘n geakkrediteerde installasie persoon/maatskappy behartig moet word om aan die waarborge te kan volhou. Verbruikers wat self installasies doen of “DIY” behartig gee wetlik dus die waarborge op.

Dit is ‘n swaar pil om te sluk maar is Ongelukkig die realiteit, en die grootste gedeelte van die industrie wat insluit invoerders, verskaffers, verspreiders, verkoop konsultante asook installasie maatskappye bitterlik kwaad gaan wees oor hierdie skrywe. Ek herhaal dat hierdie artikel geskrywe word ter inligting van die verbruiker sodat hul beskerm word, en ter selfde tyd dat die invoerders, verskaffers, verspreiders, verkoop konsultante asook installasie maatskappye bewus raak vir die feit dat hul eerstens die verbruiker moet beskerm.

Dit bly steeds die installasie maatskappy se keuse om deel te wees van SESSA, maar die verbruiker word deur die skrywe van die artikel in kennis gestel oor hierdie groot strikval. Ons gaan verder om voor te stel aan die verbruiker om eerstens behoorlik en in diepte navorsing te doen, en bewus te wees dat daar mense en maatskappye daar buite is wat ‘n valse SESSA lede stand adverteer. Om ‘n voorbeeld te gee, het ons gedurende 2021 byna 600 maatskappy met die hulp van die  web administrateurs van ‘n bekende klassifiseerder advertensie platform vanaf die platform verwyder.

Elke installasie maatskappy  wat op goeie grond met SESSA is, sal in besit wees van ‘n lede kaart wat die stand van die lidmaatskap, en geldigheid van die lede stand aanwys. Dit is belangrik om bewus te wees dat SESSA lede jaarliks hul lede stand hernu en ‘n nuwe kaart uitgereik word om die nuwe lede stand aan te dui, en enige lede kaarte wat verval het, of nie huidig is nie, vals en ongeldig is. Dit bly die verbruiker se keuse wie hul kies om die installasies te behartig, indien dit nie SESSA lede is nie, word die verbruiker bewus gemaak van die gevare.

Ons plaas dus ‘n roeping op die verbruikers om hulself te beskerm deur behoorlik en in diepte navorsing te doen, asook op maatskappye om aan te sluit sodat hul die verbruiker beskerm. As ‘n Vereeniging sien ons honderde sake op ‘n weeklikse basis waar die verbruiker ingedoen word deur toerusting wat nie ontvang word nie, substandaard installasies, installasies wat nie voldoen aan standaarde nie, installasies wat nie wettig is nie, waarborge wat nie onderhou word nie ensomeer.

 

Indien hierdie skrywe nuttig gevind is, wees op die uitkyk vir ons volgende plasing waarin ons verdere informasie verskaf rakende standaarde en die uitreiking van elektriese Sertifikate vir die installasies.

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Hybrid Solutions SA | solar | electricity