Skip to main content
APAC

Die Belangrikheid Van APAC Vir ‘n Produsent

Deur Francois Knowles, Registrateur Van APAC

Die Landbouprodukte-agente Raad (APAC – die akroniem vir Agricultural Produce Agents Council) reguleer die aktiwiteite van alle varsprodukagente, uitvoeragente en lewendehawe-agente in Suid-Afrika. APAC se mandaat, die Landbouprodukte-agente Wet, Wet 12 van 1992 bepaal dat ‘n “agent” slegs namens ‘n produsent mag optree indien hy of sy die houer van ‘n APAC-handelslisensie of te wel ‘n getrouheidswaarborgsertifikaat (in geval van varsprodukagente) of ‘n registrasiesertifikaat (in geval van uitvoer- en lewendehawe-agente) is.

Alle agente en ook voornemende agente word onderwerp aan ‘n omvattende ondersoek proses wat insluit die finansiële stand van so ‘n persoon asook of enige kriminele oortredings bestaan. Indien ‘n voornemende agent dan geskik bevind word, sal hy of sy die verpligte APAC aanlyn opleiding deurloop, wat hom of haar bemagtig met kennis en vaardigheid om namens ‘n produsent binne die parameters van die Wet en die APAC reels vir etiese besigheid te mag optree.

Deur ‘n omvattende aanstelingsproses beskerm APAC die finansiële belang van ‘n produsent. Indien ‘n agent dan die vertrouensverhouding tussen hom en ‘n produsent verbreek (deur bedrog of diefstal), sal APAC ‘n omvattende ondersoek loods om te bepaal of daar onbehoorlike gedrag deur die agent was. Onbehoorlike gedrag is die voorloper vir ‘n onafhanlike dissiplinêre tribunaal vir varsprodukagente om hulle aan te kla en aanspreeklik te hou. Die uitspraak van ‘n tribunaal is bindend en kan lei tot heftige boetes en/of ontslag indien die onbehoorlike gedrag ernstig is.

Die APAC Wet word tans gewysig om onder andere ‘n dissiplinêre proses vir uitvoer en lewendhaweagente ook in te sluit. Tans wend APAC hom tot die howe indien enige onbehoorlike gedrag vir uitvoer en lewendhawe-agente geïdentifiseer word.

Produsente word ernstig gewaarsku om slegs besigheid te doen met geregistreerde en wettige APAC agente. Hierdeur is ‘n produsent verseker dat sy belange behoorlik beskerm word en dat daar ‘n ogie gehou word op die agent wat namens hom sy lanbouprodukte bemark.

 

Inligting oor geregistreerde agente en die werk wat APAC doen is op hulle webblad by apacweb.org beskikbaar. APAC kan ook by telefoonnommer (011) 894-3680 of per epos by francois@apacouncil.co.za gekontak word.

 

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
APAC | Die Belangrikheid Van APAC Vir ‘n Produsent | Landbouprodukte-agente Raad | Agricultural Produce Agents Council