Skip to main content
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deur Gevorderde Tegnologie En Gemeenskapsontwikkeling - Deel 5

Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deel V

Die vorige artikels in die reeks het as inleiding gedien, hoofsaaklik oor die belangrikheid van en die tegnologie benodig vir videomonitering op plase asook vir padkameras vir onder andere sekuriteit en veediefstal.

Hierdie artikel verbreed die toepassing van tegnologie vir die boer waar tegnologie amper in elke denkbare faset van boerdery gebruik kan word om verdere waarde te ontsluit wat effektiwiteit en winsmarges betref.

 

Die Tegnologie en die Boer

In die daaglikse omgang in die boerderybedryf word gevind dat die aanwending van gevorderde tegnologie vir monitering en bestuur van baie aspekte op ʼn plaas nog redelik weerstand kry. Die gebruik van gevorderde tegnologie word steeds redelik skepties benader tot nadeel van effektiwiteit en winsgewendheid.

 

Vordering in Tegnologie

Wêreldwyd staan 2023 in die middel van ’n tegnologieontploffing op alle gebiede. Die geweldige vordering van tegnologie oor die laaste tien tot twintig jaar is werklik net die begin van ’n verdere geweldige tegnologieontploffing. Die wêreld sit aan die begin van ʼn logaritmiese kurwe van tegnologieontwikkeling. As professionele ingenieur met 41 jaar ondervinding, intensiewe boer- en besigheidsentrepreneur kan ek dit met oorgawe bevestig.

Hierdie huidige en toekomstige tegnologievordering sluit verseker die boerderysektor in ʼn breë aanwendingsveld in.

 

Metingsaspek in Boerderybestuur

Daar is ʼn ou begrip van: ”Jy kan net werklik akkuraat bestuur op dit wat jy akkuraat meet”. Die gemete data moet dan verder verwerk word na bestuursinligting soos byvoorbeeld:

  1. Videomonitering gekoppel met proaktiewe en reaktiewe bestuur van vee, gewasse, saad, en kunsmis; in hierdie geval gefokus op diefstalvoorkoming en visuele plaasbestuur. Hierdie aspek is reeds in detail in vorige artikels bespreek.
  2. Voorafwaarskuwing vir die moontlike breek, verwering en skade aan toerusting.
  3. Weer- en vogtendense oor die plaas heen, gekoppel aan gewasbehoeftes.
  4. Watter verbruikerstendense gefokus kan word op verskeie of alle gedeeltes van die plaas.
  5. Energieverbruikstendense en terugvoermeting indien effektiewe energiebestuur toegepas word.
  6. Die ontwerp, implementering, meting en bestuur van ’n alternatiewe energiestelsel wat ʼn geweldige impak kan maak op effektiwiteit en beperking van verliese as gevolg van onbetroubare energieverskaffing.
  7. Veemonitering en -bestuur deur gebruik te maak van verskeie stelsels soos weegstelsels, videostelsels, veebeweging en veegesondheid.
  8. Intensiewe monitering en bestuur van brandstof. Dit sluit in diefstalmonitering, asook die effektiewe brandstofverbruik van elke stuk toerusting wat brandstof verbruik.
  9. Die monitering en bestuur van plaaswerf of werwe en stoorareas.  Diefstalvoorkoming is een belangrike aspek, maar die visuele monitering van baie ander aspekte tot alle areas kan nie agterweë gelaat word nie.
  10. Effektiewe monitering en -bestuur van plaaswerkers. Dit is onnodig om te noem dat plaaswerkerseffektiwiteit en onsinnige dade tot geweldige verliese kan lei. Dit is dus ʼn baie belangrike aspek tot die beperking van verliese, en kostebesparend.

Bogenoemde is net ʼn paar voorbeelde en aspekte wat demonstreer hoe belangrik aktiewe en effektiewe monitering is. Moniteer, moniteer en moniteer! En monitering met goeie verslagdoening is van kritiese belang vir die vooruitgang en verbetering in winsgewendheid.

 

Outomatisering

Outomatisering van plase is ʼn verdere belangrike uitbreiding tot winsgewende verbetering.

Outomatisering kan egter nie losstaande gebeur sonder bogenoemde belangrike moniteringaspekte nie. Die belangrike sirkel van:

  1. Monitering en meet.
  2. Beplanning en ontwerp vir verbetering.
  3. Implementering van outomatisering.
  4. Dan weer monitering en meet.

Hierdie sirkel is ʼn proses wat nooit ophou indien voortdurende verbetering van effektiwiteit en veral winsgewendheid tot die maksimum bestuur moet word nie.

Outomatisering is amper soos meganisering. Outomatisering vind plaas waar ʼn proses van watter aard ook al per hand gedoen word en dan deur tegnologie oorgeneem word wat baie voordele soos beperking van verlies, besparing van handearbeid, vinniger reaksie, en die besparing van skaars hulpbronne te weeg kan bring.

Outomatisering kan wyd op alle plase, wat ʼn groot aanwendingsveld het, geïmplementeer word. Dit sal natuurlik baie van plaas tot plaas verskil.

Dit is tog belangrik om die vorige artikels saam met hierdie een te bestudeer. Baie detail en inligting is ook daarin vervat.

 

SDE is ʼn maatskappy wat gebruik maak van uiters professionele personeel met ervare ingenieurs, professionele boere en implementeerders met baie jare se ondervinding. SDE kan op enige stadium gekontak word vir meer inligting en bystand.

 

System Design Experts (Edms) Beperk

Dirk Laing

012 6634331

072 668 0800

dirk@sdexperts.co.za

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deur Gevorderde Tegnologie En Gemeenskapsontwikkeling - Deel 5