Skip to main content

World Focus Agri - Plant Energiebestuur

Ons is almal bekend met die konsep van massa-balans en energiebalans. Enige biologiese sisteem, insluitende ons eie liggame bestaan uit ‘n massablans en energiebalans. In gewasverbouing fokus ons baie energie en koste op die massabalans deel van die plant se behoeftes; die in-balans bring van die grond en/of groeimedium in terme van nutriënte en ander toepaslike aspekte.

Die vraag bly staan hoe kan ons dan die energiebestuur doeltreffend in ‘n plant doen? Ons “balanseer” al die nutriënte in die grond, maar die resultate is nie altyd soos verwag word nie. Daar vind nie welige groei plaas nie, patogene kry vastrapplek of skadelike insekte kom besoek die gewasse vir voortplanting. Die opbrengs bly ver agter die genetiese potensiaal van die spesifieke gewas. Die oplossing vir die vraagstuk is doeltreffende energiebestuur in die plant en in die grond.

 

In die natuur is daar ‘n paar sisteme wat die plant ook in staat stel om sy energie beter te bestuur soos byvoorbeeld die effek van metaboliete op die grondlewe. Die sleutel tot sukses lê by sekere sekondêre metaboliete wat organismes afskei.

Soos urease en glomalin, is ETP (Epipoydioxiperizine) ook veronderstel om vrylik in die natuur beskikbaar te wees. Urease is gelukkig nie ‘n probleem nie. ETP is ‘n ensiem afkomstig van onder meer fungusse soos onder andere trigoderma.

‘n Effektiewe sleutel tot plantenergiebestuur lê in die ETP wat die organismes as metaboliete vir die plant teruggee in die simbiotiese verhouding wanneer dit effektief in die rizosfeer aktief is.

 

Dit is soms moeilik om die die rizosfeer in ‘n kommersiële omgewing effektief te kry sodat die lewende organismes genoegsame ETP afskei om die gewenste effek te verkry. Vir die rede kan ETP (Gliogrow) as blaarbespuiting gebruik word om die gewenste effek herhaaldelik te verkry.

 

Die effek van ETP op die plant is onder meer die volgende:

   Verhoogde wortelgroei aktiwitieit (aangesien die plant nog toegang tot die metaboliet wil verkry)

   Verhoogde ensiem-aktivering vir die plant se metaboliese bestuur en nutriënt-opname

   Verhoging in die konsentrasie van die komplekse plantsuikers/voedingstowwe (Brix)

   Verhoging in die konsentrasie van absesiensuur en plantsapgeleiding

   Verhoogde fotosinteseaktiwiteit;

   Balans tussen fotosintese en respirasie.

 

Navrae:  At van Schalkwyk, at@worldfocusagri.co.za

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
World Focus Agri