Skip to main content

Staalboer Se Damme: Die Beste Manier Om Water Te Bewaar!

Staalboer Se Damme: Die Beste Manier Om Water Te Bewaar!

 

Bertus Greeff en sy pa Gerhard is van die plaas Kleyne Wolvegat buite Caledon. Hulle het Staalboer se damme laat oprig en volgens Bertus is hulle baie in hul skik met die gehalte daarvan, asook hulle professionele en uiters flink diens. Vir die soort diens sou hulle selfs bereid gewees het om meer te betaal.

 

Bertus vertel verder dat as jy die dam met ander waterbergingstoerusting vergelyk, dit verreweg die goedkoopste en beste opsie is. Hy sê ook hulle gaan meer damme laat oprig en sal beslis weer van Staalboer se dienste gebruikmaak.

 

Hy en sy pa boer saam. Hulle plant lusern onder besproeiing vir weiding vir hulle Dohne Merino-skape. Hulle het een van Staalboer se 329 000 liter versinkte staaldamme vir die besproeiing laat oprig.

 

“Ons het uitstekende diens van Liz Smith, die kantoorbestuurder van Staalboer en haar span ontvang,” vertel Bertus verder. Hy sê Liz gee altyd baie meer inligting vir die boere as wat nodig geag word.

 

Liz verduidelik dat die vloeistof behou word deur ʼn poliësternet met versterkte PVC-voering met nate gevorm deur ՚n hoëfrekwensie sweisproses vir waterdigte laste. Die voering is veilig vir drinkwater en ʼn wye reeks van chemikalieë en vloeibare kunsmis. Dit het ʼn 10 jaar pro rata-waarborg teen sonskade. Bertus sê dat die dam tans geen bedekking het nie en hulle wil nog by Staalboer ʼn dak kry vir beskerming teen die son. Omdat die dam nie altyd vol water is nie, brand die son die voering. Sy leuse is: “As jy iets doen, doen jy dit ordentlik,” en daarom het hulle Staalboer se professionele span gevra om die dam te kom oprig. “Die dam is op die plaas afgelewer en binne drie en ’n halwe dae voltooi. 100% korrek, en geen afgerammelde werk nie. ʼn Betonblad is ook deur hulle gegooi sodat die dam nie kan kraak nie.

 

Staalboer het nie die plaas verlaat voordat hulle heeltemal seker gemaak het die dam lek nie. 50 000 liter is in die dam gepomp en daar het nie ʼn druppel water uitgelek nie en kon dadelik gebruik word.”

 

Staalboer se produkte is ontwerp volgens ISO-standaarde met ʼn verwagte lewensduur van 25 jaar. Alle materiaal word plaaslik vervaardig en voldoen aan die SABS-standaarde.

 

Skakel Liz Smit by +27(0)82 210 0999 vir ʼn kwotasie of enige ander navrae.

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
“Ons het uitstekende diens van Liz Smith | die kantoorbestuurder van Staalboer en haar span ontvang