Skip to main content
AECI Plant Health

AECI Plant Health: Supplant Plante Neem Die Besluite

Verbeel jou dat ‘n vrugte boom die vermoe het om besproeiings krane oop te maak, die pompe aan te skakel en self die regte hoeveelheid water te gee wat benodig word en daarna weer die krane toemaak en die pomp afskakel sonder dat die produsent teenwoordig is. 

AECI Plant Health werk saam met Supplant, ‘n Israeliese maatskappy het die kode gekraak en ‘n kunsmatige intellegensie sisteem genaamd “Growth Based Irrigation (GBI)” ontwikkelGBI is die eerste kommersiele besproeiing sisteem wat ten volle ge-automatieseerd is en tydig reageer op die plant se behoeftes. 

 

Die eenvoudigste manier om GBI te verduidelik is om te dink aan ‘n persoon wat in ‘n hospitaal se intensiewe eenheid le, gekoppel aan monitors wat die data elke 10 min aan ‘n span dokters deurgee wat die data ontleed en vergelyk om elke 30 min besluite neem oor hoe om die persoon te behandel, 24 uur per dag en 365 dae per jaar.  Supplant versamel data van ‘n boom en stuur die data na ‘n algoritme wat die hartklop van die GBI sisteem is.  Vrug sensors meet die vruggroei en vruggrootte van ontwikkeling tot oestyd. 

Die daaglikse swell en krimp van die stam word met ‘n Dentrometer gemeet en is ‘n aanduiding van die plant se stress vlakke.  Die grondvog word op verskillende dieptes met grondvog sensors gemeet en ‘n weerstasie word gebruik om reenval, temperatuur, humiditeit, windspoed ens te meet. 

Al die data word elke 10 min na die Supplant algoritme gestuur wat die data evalueer en vergelyk om die plant se reaksie op huidige grond en weer toestande te evalueer en elke 30 min die besproeiings behoefte te bereken.

 

 Die GBI sisteem fokus op die plant se gesondheid en pas die besproeiing aan om plant stress te verminder en sodoende makismum groei te verseker.  Die Supplant algoritme stuur ‘n sein na die besproeiing beheer sisteem wat weer die pompe aanskakel en die nodige krane oopmaak om te besproei. 

Die plant se reaksie op die besproeiing word gemonitor en ‘n sein word weer na die besproeiing beheer sisteem gestuur om die pompe af te skakel en die krane toe te maak sodra die plant genoeg water gekry het.

 

Supplant het ‘n tweede produk genaamd “Decision Support System (DSS)” ontwikkel wat dieselfde as GBI is, maar nie ge-automatiseerd nie.  Al die data en besproeiings opdragte word na ‘n toepassing op die produsent se selfoon gestuur en die produsent kan self die pompe aan en afskakel.  Hy sal ook al die kennisgewings ontvang en kan sien watter blokke onder stress verkeer en watter blokke om te besproei asook hoeveel water. 

 

AECI Plant Health het Supplant 2 jaar terug kommersieel in Suid Afrika bekendgestel en is gereed om na al die besproeiings areas uit te brei.  Supplant het ‘n 39% water besparing op ‘n appel plaas in die kaap bewerkstellig en met dieselfde opbrengs as die kontrole. 

Supplant het ook ‘n 21% opbrengs verhoging in die eerste jaar op ‘n Macadamia blok in Limpopo en ‘n 64% opbrengsverhoging in die tweede jaar op sitrus in die kaap bewerksstellig.

 

Picture 1. Set of sensors used by the GBI systems A= Soil moisture sensor; B= Fruit growth sensor; C= Stem diameter; D= Trunk dendrometer.

 

Fig. 2.  Comparison between farmer irrigation strategy and Growth Based Irrigation strategy (GBI) and the resulting crop coefficient and trunk growth behavior (orange and blue lines) in two evaluated trees.

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Plant Health | AECI | Supplant