Skip to main content

AGRIFOODSA.INFO By Sakeliga KragDag 2022 Toeligtingsdag

Die KragDag Ekspo wat jaarliks plaasvind, is die hoogtepunt op die KragDag-kalender en bied ’n uitstalkas vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings. Dit sluit ’n Opvoedkunde sub-ekspo, Entrepreneurskap en vanaf 2019 ook ’n volwaardige Landbou ekspo (in samewerking met TLU SA) in.

 

"Doen Jou Eie Ding!"

Met hierdie leuse fokus KragDag op 'n vryword-lewe deur volhoubare en selfstandigheidsoplossings (en selfs Doen-dit-self planne), wat jou terselfdertyd minder uitgelewer aan en afhanklik van ’n staatsbepaalde lewe maak. Hierin speel dinge soos hernubare en alternatiewe energie ʼn sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat ʼn lewe van selfbehoud en self beskik moontlik maak. By KragDag vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie en word ’n maker- en kreatiewe entrepreneuriese lewensingesteldheid aangemoedig. KragDag doen dit deur die jaarlikse buitelug ekspo, radiorubrieke, kursusse, bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemings en beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige, tegniese en interessantheidswaarde in ons nuusbriewe en seminare. KragDag verskaf ook ʼn platform waardeur ondernemers, die publiek en innoverende idees by mekaar uitgebring word.

 

AGRIFOODSA Is Trotse Borge Van KragDag 2022

AGRIFOODSA is trots om die aanlyn mediaborg van Sakeliga KragDag 2022 te wees. Ons gaan hierdie geleentheid vanaf 11-13 Augustus 2022 by die Diamantvallei-landgoed naby Cullinan ondersteun met ons media teenwoordigheid, ons sien uit om met die meer as 21 000 gaste te gesels wat die geleentheid gaan bywoon. Baie van die groot name in die landbou is hier op Diamantvallei, en verskeie kleiner landbouverwante besighede wat hulle produkte gedurende die week en naweek uitstal kan gerus ook kom inloer by AGRIFOODSA.

 

Sakeliga KragDag Toeligtingsdag

AGRIFOODSA woon die Sakeliga KragDag 2022 Toeligtingsdag aangebied op die KragDag perseel te Diamantvallei Landgoed.

 

Die KragDag Ekspo

Die jaarlikse KragDag ekspo bied ‘n inspirerend leersame dag in ‘n karnaval atmosfeer. Alhoewel daar ‘n groot hoeveelheid genot en vermaak by die ekspo te beleef is, is hierdie geleentheid uniek daarin dat jy hier nie ‘n vermaaklikheidtoeskouer is nie, maar ‘n deelnemer in interaksie met dinge wat ‘n verskil in jou lewe kan maak. Die effek van die vrywees filosofie wat integraal deel is van KragDag en die uitstallings wat hiermee handel, kan ‘n groot impak op jou lewe maak.

 

Besoek gerus KragDag op 11 tot 13 Augustus 2022 net buite Cullinan. Vir meer inligting en kaartjies besoek www.kragdag.co.za.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
agrifoodsa | afsa | sakeliga | KragDag | event | expo