Skip to main content

Mega-T-Opelug Ekspo Vir Die Sleepwa-, Vragmotor- En Vervoerbedrywe

Mega-T, 'n opwindende nuwe opelug-ekspo, is die eenstop-industriegeleentheid wat alles oor sleepwaens, vragmotors en vervoer gaan – en alles wat daarmee verband hou! Die geleentheid, wat vir die eerste keer van 6 tot 7 Oktober 2022 by die Diamantvallei Landgoed-skougronde, 20 km oos van Pretoria, plaasvind, word deur die organiseerders van KragDag aangebied en aangedryf deur die Road Freight Association (RFA).

Die Mega-T-ekspo, wat tydens vervoermaand plaasvind, sal dien as 'n platform vir die plaaslike en nasionale vervoergemeenskap om te netwerk, nuwe en innoverende tegnologieë te vertoon, met verskaffers en diensverskaffers te skakel, en sake-idees uit te ruil. Kategorieë op die skou sluit in vragmotors en sleepwaens, opsporing en sekuriteit, onderdele en instandhouding, finansiering en versekering, navigasie- en vlootbestuur, komponente, handelsmerk en media, bande, brandstofstelsels – en meer!

Oor die skepping van Mega-T, sê die geleentheidsorganiseerder HP Steyn van KragDag: “Dit is 'n geweldige geleentheid vir besighede in die bedryf om produkte en dienste ten toon te stel en hul nismarkte te ontmoet – in 'n oop, ontspanne, buitelug-omgewing. Dit is ook die ideale platform om weer met bestaande kliënte te skakel – en potensiële nuwe kliënte te ontmoet. Na die beperkings wat Covid die afgelope twee jaar op ons geplaas het, is die bedryf honger vir 'n geleentheid waar hulle van aangesig tot aangesig kan kommunikeer, sake kan doen en die buitelewe kan geniet. Mega-T doen presies dit!”

Steyn voeg by dat die reaksie van die bedryf op die nuwe skou uiters positief was. Staanplekke verkoop vinnig. 'n Aantal OEM's en toonaangewende verskaffers in sleepwaens, vragmotors en vervoer het reeds ingeskryf.

Die skougronde is omvangryk - 'n indrukwekkende ses hektaar - met genoeg ruimte vir produkdemonstrasies, aanbiedings, kompetisies en geleenthede. Mega-T poog om 'n onvergeetlike ervaring te skep vir besoekers om te verken en betrokke te raak. Die tweedaagse opeluggeleentheid bied verskeie uitstallers, informasie, vermaak, netwerk - en pret!

 

Pret vir almal

Die Mega-T-ekspo sal 'n prettige vragmotorskou vir die hele gesin wees, met aktiwiteite vir oud en jonk. 'n Paar indrukwekkende en spoggerige American Big Rigs sal te sien wees, met vergunning van Impala Trucks. Die Suid-Afrikaanse Sterkmanunie se topvyf junior en senior atlete sal hul rou krag demonstreer deur vragmotors te trek en swaar voorwerpe op te lig.

 

RFA aan boord

"Die RFA is trots om 'n vennoot in die Mega-T-ekspo te wees." voeg Gavin Kelly, Hoof Uitvoerende Beampte van die Road Freight Association by. “Ons sal hierdie geleentheid gebruik om van die belangrike werk wat die Vereniging die afgelope paar jaar gedoen het ten toon te stel, asook om inligting te deel oor van die sleutelprojekte waaraan ons werk. Mega-T is ook vir ons 'n fantastiese geleentheid om die kritieke rol te beklemtoon wat vragmotors speel om die wiele van ons ekonomie aan die draai te hou. Baie mense besef nie die belangrike rol wat vragmotors speel om vir ons al die dinge te bring wat ons in ons daaglikse lewens nodig het nie: ‘as jy dit het, het ’n vragmotor dit gebring!’.”

 

Borge van vanjaar se geleentheid sluit in die RFA, PRBB (biertuinborg), Ever Star Industries (ekspo-sakborg), Knorr Bremse (Strong Man-borg) en BBD Women in Steel.

 

Vir meer inligting oor die ekspo, besoek www.mega-t.co.za

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
KragDag