Skip to main content
Haifa Group

Haifa Multi-K (KNO3) Bly Maar Die Heel Beste

Die pryse van alle kunsmisprodukte het die afgelope twee jaar ongelooflik gestyg. Alhoewel KNO3 ook aan hierdie veranderinge blootgestel was, het die prys in verhouding grootliks dieselfde gebly. Onlangse navorsing, oorsee sowel as plaaslik, het onteenseglik bewys dat die gebruik van KNO3, op veral groente en vrugte, keer op keer die geld werd was teenoor programme daarsonder.

Met die huidige internasionale afname in die pryse van meeste kommoditeite blyk dit dat meeste bemestingstowwe toekomstig weer bekostigbaarder sal raak. Dit is in sensitiewe tye soos hierdie dat ernstige groente- en vrugteprodusente moet besin oor watter produkte vir hulle wérklik van waarde is in hul bemestingsbeplanning.

 

Kaliumnitraat is alom bekend as een van die beste bemestingsprodukte vir die kommersiële produksie van groente en vrugte van top-gehalte.  Alhoewel KNO3 nie ‘n organiese bemestingsstof is nie, staan dit bekend as ‘n “groen” kunsmis.  Met die woord “groen” word bedoel dat die totale voedingsstofinhoud van die produk deur plante gebruik word en dat daar geen voedingsstofresidue  in die grond agterbly nie. 

 

Van die drie kaliumdraende kunsmisprodukte wat hoofsaaklik in groenteverbouing gebruik word, naamlik KCl, K2SO4 en KNO3, is Kaliumnitraat die enigste een wat twee van die drie makro-elemente in hoë konsentrasie bevat, naamlik nitraatstikstof en kalium. Hierdie kombinasie. asook die verhouding waarin die stikstof tot die kalium voorkom, is hoofsaaklik verantwoordelik vir die sukses van ‘n KNO3-gebaseerde bemestingsprogram. Daar is ‘n sterk sinergistiese werking tussen die NO3- en K+ waartydens die worteloppervlakte se lading só beïnvloed raak deur die NO3- (nitraat) dat dit ook die opname van kalium, kalsium en magnesium (almal katione) verbeter. Kalium, kalsium en magnesium is almal baie belangrike voedingselemente wat die boer graag in groot konsentrasies in sy plante wil hê. 

 

Die volgende positiewe eienskappe kan direk gekoppel word aan die gebruik van KNO3 (Multi-K):

  • Verhoogde opbrengs
  • Vruggroote
  • Ferm, gesonde vrugte
  • Langer raklewe
  • Voedingstofdigtheid in vrugte

 

KNO3-bemesting word ook met groot sukses gebruik op lande of boorde wat na jare se bemesting tekens van verbrakking begin toon. Die produk is chloorvry en lewer dus geen bydrae tot die probleem nie. Verder werk die nitraat in die produk die negatiewe effekte van verbrakking tee tydens die opnameproses.

Gesels gerus met ons kundiges oor die gebruik van KNO3, en gaan deel self in die voordele van hierdie top-produk.

 

For more agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Haifa Multi-K (KNO3) Bly Maar Die Heel Beste! | Haifa Group