Skip to main content

LTG, ‘n Invoerder van Formaat

LTG Logistics Transport Globally (Pty) Ltd is ‘n Suid-Afrikaanse vrag en klarings agent, gebaseer In Gauteng met die hoofkantoor in Rosslyn, asook ‘n tak in Pomona. Dit is ‘n volwaardige logistieke maatskappy wat meeding in ‘n baie kompeterende industrie wat invoere, uitvoere asook lokale vervoer behels.

 

As vrag agent het LTG noemenswaardige vooruitgang getoon die afgelope paar jaar deur talle nuwe kliente op te teken,  en slegs ‘n paar kliente het ander agente opgesoek. Verblydend is dat selfs van die kliente teruggekeer het LTG toe in die laaste tyd. Die een groot rede vir die’ is die uitstekende diens en kommunikasie wat LTG handhaaf. Hulle word gesien as “doeners” en nie “praters” nie!!

Deur LTG as u keuse as vrag agent te kies, sal die verkoopspan, wat die operasionele en bemarkingslede insluit, alle behoeftes van u as klient dokumenteer en dit as basis gebruik om mededingende pryse asook goedgunstige roetes vir u vrag te bepaal.

 

LTG kan dus as u betroubare vennoot in die voorsieningsketting van u besigheid gesien word, hetsy u ‘n plaas bestuur of implemente en toebehore voorsien aan die landbou bedryf. LTG is ‘n goed gevestigde, standvastige en dinamiese ondernemng van ‘n gesonde finasiele aansien met lojale, eerlike en passievolle werknemers.

 

Invoere van reg oor die wereld word georganiseer, hetsy seevrag, lugvrag of abnormale vrag en as lid van die WCA (World Cargo Alliance), het LTG oor die jare respekvolle en betroubare agente opgebou in elke hoekie van die wereld. Kliente soos Agri Africa (Silo Quipt) gebruik LTG as vrag agent invoerder vir ‘n geruime tyd al en LTG is trots om hulle as klient oor die afgelope paar jaar te dien.

Kontak LTG dus gerus vandag nog indien u ‘n besending uit die buiteland of lokaal aangekoop het en laat ons die wiele aan die rol kry!

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Transport